REKENINGKUNDE
HERSIENINGSWERKBOEK EN
VRAESTELLE
, VERSOENINGS / REKONSILIASIES
gunstige banksaldo | oortrokke bank (ongunstige banksaldo) | EFO (elektroniese fondsoorplasing) |
Basiese debietorder | aftrekorder | bankkoste | rente op lopende rekening | rente op oortrokke bank | krediteur
begrippe maandstaat | krediteurekontrolerekening | krediteuregrootboekrekening | krediteurelys | rente op
agterstallige rekening | interne beheer
LET WEL: Die bankversoeningsproses is 'n doeltreffende manier om kontant (ontvang en betaal) te beheer (besigheid
se bankrek. (interne dok) word vergelyk met die bank se bankstaat (eksterne dok)).
'Uitstaande' deposito's en EFOs beteken dat dit nog nie op die jongste bankstaat (of transaksiegeskiedenis) verskyn
nie (weens verskeie redes), maar wel in die joernale aangeteken is.
AKTIWITEIT 1 (Bankversoening)
Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs 'waar' of 'onwaar' langs die
vraag se nommer (1.1–1.5) in die Werkboek.
1.1. n Gunstige saldo op die bankstaat word as 'n debiet aangedui.
1.2 'n Vooruitgedateerde EFO ontvang moet op die datum van ontvangs ingeskryf word.
1.3 Kredietkaartverkope word in die DJ aangeteken.
1.4 Rente op die bankstaat gekrediteer word in die KBJ aangeteken.
1.5 'n EFO, deur 'n ander onderneming gemaak, verskyn op ons bankstaat. Dit word as 'n 5 bankfout in
die versoeningstaat se kredietkolom getoon.
AKTIWITEIT 2 (Bankversoening) (27 punte; 21 minute)
Die inligting het betrekking op Plyster Handelaars vir April 2020.
GEVRA
2.1 Toon die toepaslike inskrywings in die kontantjoernale. (10)
2.2 Bereken die Bankrekeningsaldo in die grootboek op 30 April 2020. (4)
2.3. Stel die Bankversoeningstaat op 30 April 2020 op. (7)
2.4 As die interne ouditeur, is jy nie tevrede met die beheer van kontant in die besigheid nie.
• Verduidelik TWEE probleme wat jou ontevredenheid bevestig. Haal syfers aan.
• Gee advies oor hoe ELKE probleem in die toekoms vermy kan word. (6)
INLIGTING
A. Inligting uit die Bankversoeningstaat op 31 Maart 2020:
Ongunstige saldo soos op die Bankstaat R19 500
Deposito in die KOJ, wat nie op Maart 2020 se bankstaat verskyn het nie 50 400
EFOs in die KBJ No 615 22 500
No 690 11 850
Ongunstige saldo soos per Bankrekening in die grootboek 350
LW: Die deposito verskyn op 3 April 2020 in die bankstaat
EFO 690 verskyn op 2 April in die Bankstaat as R14 550. Die Bankstaat is korrek.
B. Voorlopige totale in die Kontantjoernale op 30 April 2020 voordat die Bankstaat per epos
van die bank ontvang is.
• Kontantontvangstejoernaal, R65 570
• Kontantbetalingsjoernaal, R64 790
C. Inligting op April 2020 se Bankstaat wat nog nie in die kontantjoernale vir April verskyn nie
Debiet Krediet
EFO (Z. Nkosi - huurder) R31 350
Debietorder (Quick Versekeraars) R9 750
EFO (X GlassFit - herstel van winkelvensters) R2 975
Rente 150
Internet-bankfooie 800
Internet-bankfooie 800
LW: Die bank het die internet-bankfooie foutiewelik gedupliseer. Dit sal in Mei reggestel word.