AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL (EAT)
KARAKTERS EN KARAKTERONTWIKKELING
HOOFSTUK OPSOMMINGS
KERNELEMENTE/TYD/RUIMTE
VERTELLERS/TEMA ENS.
TOETS JOU KENNIS
VRAESTELLE EN MEMORANDUMS
, Die Kruppel Engel Zenobia Kock
Karakters
Martina Louw
Bekend aan die leser as “Tina”. Sy is ‘n dapper meisie in graad 9.
Haar presiese ouderdom word nie bekend gemaak nie. Sy was baie
lief vir netbal. Sy was ‘n bedagsame skrander leerling en het
goeie maniere gehad. Sy was ‘n denker en vasberade in haar
optrede.
Sy was baie kunstig en sy kon goed skryf. Sy ondervind ‘n krisis in
haar
lewe op soek na haar identiteit, veral toe sy van Mej. Dale verneem
dat ha haar regte pa, Stefaans Marais is.
Jakob (“Die Kruppel Engel”)
Jakob bekend as “Die Kruppel Engel”.
Jakob het ‘n fisiese gebrek – hy loop
kruppel. Jakob het ‘n epileptiese aanval
gekry en met sy gesig in kokende pap
geval en ernstige brandwonde opgedoen
aan sy gesig. Hy en Tina het saam
grootgeword.Jakob verskyn in die vorm
van ‘n engel aan Tina om raad te gee oor
haar werklike pa, Stefaans Marais.
Die Engel is daar om Tina te herhinner
dat sy ‘n doel in die wêreld het.
Stefaans Marais
Eienaar van Engelsplaas. Hy is Tina se
biologiese pa. Hy stem in om Tina se
skoolgelde te betaal.
Hy gaan haal haar by die koshuis om vir die
naweek huis toe te kom. Hy het nooit aan Tina
beken dat hy haar pa was nie. Hy het sy
finansiële plig nagekom en daar was later in die
verhaal sprake van werklike aanvaarding.