BESIGHEIDSTUDIES
KWARTAAL HERSIENING
TOETSE
VRAESTELLE EN MEMORANDUMS
, 2
INDEKS BLADSY
Inhoud Bladsynommers
1 Mikro-omgewing 2–5
2 Markomgewing 6–8
3 Makro omgewing 9–10
4 Besigheid funksies 11 – 17
5 Onderlinge verband tussen die omgewings 18 – 19
6 Konsep van Gehalte 20 – 22
7 Aktiwiteite oplossings 23
8 Eksamen wenke 24
Hierdie hersieningsboekie dek die SES onderwerpe wat in Kwartaal 1 behandel was:
Die eerste onderwerp waarop ons sal fokus is:
1. MIKRO-OMGEWING
1.1 Betekenis van mikro-omgewing
Laer orde vraag 1
Middel orde vraag 2 Definieer/Brei uit oor die betekenis van die term mikro-omgewing
Hoër orde vraag 3
Die gebruik van die aksie werkwoord bepaal die antwoorde wat vereis word en die nasien
beginsels wat toegepas word wanneer jou antwoorde geassesseer word.
Definieer en Brei uit: Gesplete punte sal toegepas word. Een punt sal vir die feit toegeken word
en 'n bykomende punt vir verduideliking van die feit.
Kom ons kyk na 'n voorbeeld:
Brei uit oor die betekenis van die term mikro-omgewing – Gesplete punte sal toegepas word
● Verwys na die interne omgewing✓ in die organisasie ✓
● Bestaan uit die aktiwiteite✓ binne die besigheid self. ✓
● Bestuur het volle beheer van die mikro-omgewing ✓
1.2 Komponente van die mikro-omgewing
● Visie, missie, doelwitte en doelstellings
● Organisasie kultuur
, 3
● Organisasie hulpbronne
● Bestuur en leierskap
● Organisasie struktuur
● Agt besigheid funksies
1.3 Dui aan watter van die volgende verwys na Doelwitte; Doelstellings; Vissie of Missie verklaring van
McDonald's
KONSEP BESKRYWING VOORBEELD
1.3.1 Visie is ‘n droom wat oor ‘n lang tydperk vir McDonald's
die organisasie rigting gee Om die wêreld se beste kitskos restaurant
te wees
1.3.2 Gee duidelike riglyne oor hoe die McDonald's
onderneming beplan om sy visie te bereik. Om uitstaande gehalte, diens, netheid en waarde
te verskaf, sodat ons elke klant in elke restaurant
laat glimlag
1.3.3 Die langtermyn planne van die onderneming McDonald's
Doelwitte Om binne die volgende vyf jaar die kitskos
bedryf wêreldwyd te oorheers
1.3.4 Dis korttermyn planne van die onderneming McDonald's
Doelwitte Om teen die einde van die maand 'n bykomende
1 000 mense in diens te neem
Jy behoort 'n visie; missiestelling, doelwitte en doelstellings uit gegewe scenario's te
kan identifiseer.
Jy moet in staat wees om 'n visie; missiestelling, doelwitte en doelstellings van enige
besigheid te kan formuleer/evalueer.
1.4 Doel van organisasie kultuur
Laer orde vraag 1
Middel orde vraag 2 Brei uit/Verduidelik/Bespreek die doel van die organisasie kultuur.
Hoër orde vraag 3
Die gebruik van die aksie werkwoord bepaal die antwoorde wat vereis word en die nasien
beginsels wat toegepas sal word wanneer jou antwoorde geassesseer word.
● Brei uit: Volpunte sal toegeken word vir korrekte antwoorde in volsinne.
● Verduidelik/Bespreek: Gesplete punte sal toegepas word
Kom ons kyk na 'n voorbeeld:
Brei uit die doel van die organisasie kultuur.
● Verwys na die … van die organisasie. ✓✓
● Organisasie kultuur bestaan uit die verskillende … van almal wat in die besigheid werk. ✓✓
, 4
● Beïnvloed die interaksie tussen mense in die organisasie, en met … ✓✓
● Die organisasie kultuur beïnvloed mense se … en houdings. ✓✓
● 'n Positiewe kultuur help personeel om … en produktief te wees. ✓✓
● 'n Negatiewe kultuur sal werkers … en hulle onbelangrik laat voel wat konflik kan veroorsaak. ✓✓
1.5 Organisasie hulpbronne
Laer orde vraag 1 Noem/Lys die organisasie Hulpbronne in ‘n onderneming
Middel orde vraag 2
Hoër orde vraag 3
Aksie werkwoorde soos "stel" of "naam" vereis antwoorde waar slegs sal een punt toegeken
sal word
Kom ons kyk na 'n voorbeeld:
Noem die organisasie hulpbronne
● Menslike hulpbronne ✓
● Fisiese hulpbronne ✓
● Finansiële hulpbronne✓
● Tegnologiese hulpbronne✓
Ikoon Organisasie Hulpbron
1
2
3
4