Kwartaal 3
Sleutelwoorde:(44)
1. Primêre bedrywigheid: Dit is 'n bedrywigheid in boerdery, bosbou, visvang of mynbou
2. Sekondêre bedrywigheid: Dit is 'n bedrywigheid waardeur grondstowwe in produkte
omskep word.
3. Tersiêre bedrywigheid: Dit is 'n ekonomiese bedrywigheid waardeur dienste aan die
bevolking verskaf word.
4. Multifunksioneel: Beteken om meer as een funksie te hê.
5. Industriële sones: Die area van 'n stad waar nywerhede aangetref word.
6. Ligte nywerhede: Dit is nywerhede waar die grondstowwe en die klaargemaakte produk op
'n klein skaal is. 'n Voorbeeld hiervan is 'n bakery.
7. Swaar nywerhede: Dit is nywerhede waar die grondstowwe en die klaargemaakte produk 'n
groot volume het. 'n Voorbeeld hiervan is staalwerke.
Definisie: Hoë-inkomste sone, Middelinkomste sone, Lae-inkomste sone(45)
1. Hoë-inkomste sones word gewoonlik aan die buitewyke van stedelike gebiede aangetref.
Mense met 'n hoër inkomste het gewoonlik private vervoer en hou van die vreedsaamheid en
stilte buite die stad. Erwe is groot en min mense woon daarop.
2. Middelinkomste-sones word tussen die stadskern en die buitewyke aangetref, nie te ver
nie, maar ook nie te naby aan die SSG nie.
3. Lae-inkomste-sones is dikwels naby die werkplek of naby vervoerroetes. Die huise in
hierdie areas lyk dieselfde. Erwe is klein en baie mense woon daarop.
Tipe landelike nedersettings (definisie en afstande)(46-47)
1. Gekernde Nedersetting
2. Verspreide Nedersetting
3. Geisoleerde Nedersetting
Gekernde Nedersetting Verspreide Geisoleerde
Nedersetting Nedersetting
0 – 50m 0 – 200m 0 – 2km
Weet hoe lyk 'n landelike-, stedelike en informele nedersetting.
1. Landelike nedersettings bestaan dikwels uit losstaande huise of plaashuise wat oor groot
gebiede versprei is.
2. Stedelike nedersettings het hoë geboue, woonstelblokke, winkelsentrums en dikwels besige
strate met baie verkeer.
3. Informele nedersettings bestaan dikwels uit sinkhuise of ander geboue wat vinnig en met
beperkte materiaal gebou is.
Aktiwiteit 3.4, bl.50
Bestudeer Figuur 3.4 en beantwooord die onderstaande vrae.
, 1. Kaapstad hawe is geleë by:
ABCD
2. Tafelberg is geleë by:
EFGH
3. Kaapstad se Sentrale Sakegebied is geleë by:
JKLM
4. Kaapstad se nywerheidsone is geleë by N. Beskryf die twee voordele om 'n nywerheid hier te
hê.
Dit is by die hawe so jy kan goedere vervoer
5. Die gebied by P is 'n residensiële gebied. Noem of dit 'n hoë-inkomste- of lae-inkomstegebied
is. Beskryf twee voordele om in hierdie gebied te woon.
Lae-inkomste gebied, want die huise is naby aanmekaar gelee en dis klein erwe met min
mense.
6. Noem die oseaan by B. Die antwoord kan in jou atlas opgesoek word.
Atlantiese Oceaan
7. Hoekom is daar geen geboue by H nie?
Want dit is n Wêrelderfenis gebied.
8. Noem die moontlike grondgebruik by R. Gee redes vir jou antwoord.
Ontspannings en Sport gebruik – lae ontspannings geriewe.
Definisie van verstedeliking, bl.54
1. Verstedeliking is die proses waardeur die aantal mense wat in stede woon toeneem in
vergelyking met die aantal mense wat in landelike gebiede woon
Landelike-stedelike migrasie(ken al die stootfaktore en al die trekfaktore),bl.56