Veertien Boeke vir Emile – Jan van Tonder
Opsomming
Dawn Winterbach is besig om aan die leser haar gedagtes te vertel - amper soos 'n dagboekinskrywing.
Sy kla oor die groote van haar borste. Sy sê ook dat sy eendag 'n groot skrywer gaan word. Haar ma
het haar Dawn genoem omdat sy vroeg in die oggend gebore was. Ons vind ook uit dat die ma die
grootste sê in die huis het - Dawn se pa word deur die ma oorheers.
Dawn dwaal af en skryf 'n kort gedig waar sy illustreer hoe haar ma die hoof- of oorheersende figuur
in die huis is. Dawn sê dat sy baie afdwaal. .
Dawn hou baie van woordeboeke en se dat sy die HAT woordeboek uit haar kop kan opsê. Sy gebruik
die woord heet as 'n voorbeeld en dui aan dat die woord warm, vurig of “ek word … genome” kan
beteken.
Emile is Dawn se kêrel. Hy is skamerig, mooi en slim. Hy gaan na Stellenbosch universitiet en gaan later
vir Dawn kom kuier. Sy dink dat hy dalk saam met haar wil slaap aangesien hy nou universiteit toe
gaan.
Dawn word deur haar broer Joachim (Joggie) onderbreek. Sy vertel verder van Emile en hoe hy en sy
'n moeilike afskeid van mekaaar sal neem. Sy dink dat hy haar te veel sal mis en vir har sal terugkom.
Dawn noem ook dat sy en Emile net vry en dat hulle nie vreeslike goed doen as hulle saam is nie. Sy is
te skaam om meer te doen as vry, maar noem dat sy vannaand, wanneer sy Emile sien, dalk meer sal
doen as net vry, omdat Stellenbosch ver is en die vakansie ver weg is. Sy word onderbreek to Emile
opdaag.
Sy vertel ons dat Emile 'n vark, ‘n vieslike vark is - hy het met haar opgebreek omdat hy met iemand
anders (Lucille) gaan wees. Lucille gaan ook Stellenbosch toe en is blykbaar mooi, met groot borste.
Dawn begin om haar eerste boek te skryf met die titel "Elke hond kry sy dag". Dit gaan oor Emile en
Dawn se alter-ego Delia. .
In die eerste hoofstuk praat sy oor Emile wat ouer is en nou soos Brad Pitt lyk. Emile het 'n blondine
aan sy sy wat hom nou al verveel. Hy soek 'n bekende skrywer,Delia Wium, se nommer. By elke
bekendstelling van 'n nuwe boek, koop Emile die boek en staan in 'n tou sodat hy haar handtekening
kan kry en met haar kan praat. Delia wil nie met hom praat nie en voel dat hy informasie oor haar in
tydskrifte kan kry. Delia skryf altyd 'n woord onder haar handtekeninge in Emile se boeke en Emile
besef toe dat sy vir hom 'n boodskap skryf. Sy gee slegs een woord per boek. Dit het Emile sewe jaar
geneem om die volle boodskap te kry: Hierdie sin sal nooit soveel sin maak as die ___ van my boeke
nie. Daar is 'n gaping in die sin, omdat Emile een van haar boeke nie laat teken het nie.
Emile bel aanhoudend Delia se agent en vind uit dat sy by haar ouers se huis kuier. Hy gaan soontoe
en vind haar langs die swembad. Sy sê vir hom dat die titels van haar boeke die boodskap aan hom is.
Sy sê vir hom vaarwel. .
Emile pak Delia se boeke in die volgorde van die publikasiedatum uit en sien dat die eerste letters 'n
sin maak : Vaarwel My Emile . .
Hoofstuk twee begin met Delia wat langs 'n swembad le nadat sy 'n borsvergroting gekry het. 'n
Fransman kyk na haar en Emile is niemand in haar oë nie. .