100% Zufriedenheitsgarantie Sofort verfügbar nach Zahlung Sowohl online als auch als PDF Du bist an nichts gebunden 4.2 TrustPilot
logo-home
Zusammenfassung

Summary Die wêreld het so klein geword, Klein Geloof, Mamma kan ek nie se nie, Sondagaande,Strelitzia, Taylor Swift Afrikaans Poems

Bewertung
-
Verkauft
-
seiten
27
Hochgeladen auf
21-10-2024
geschrieben in
2022/2023

This document is a summary of the following Afrikaans Poems: Die wêreld het so klein geword, Klein Geloof, Mamma kan ek nie se nie, Sondagaande,Strelitzia, Taylor Swift. It includes explanations for each poem and detailed summaries for each stanza. It also includes questions and answers which are IEB matric Afrikaans FAL level. This document was created by a first in the grade student.

Mehr anzeigen Weniger lesen
Hochschule
Kurs










Ups! Dein Dokument kann gerade nicht geladen werden. Versuch es erneut oder kontaktiere den Support.

Schule, Studium & Fach

Hochschule
Kurs
Schooljaar
200

Dokument Information

Hochgeladen auf
21. oktober 2024
Anzahl der Seiten
27
geschrieben in
2022/2023
Typ
Zusammenfassung

Themen

Inhaltsvorschau

Die wêreld het so klein geword - Alta Marincowitz
Inleidend
- 3 eras word vergelyk (haar ouma, haar ma en haar eie lewe as
kind/jongmens)
- Die eerste woord, TOE, dui op die narratiewe aard van die gedig


Strofe 1
- “my ouma” = ek-spreker
- Haar ouma het buite gespeel, in groot, oop spasies
- Sy het met vriende gespeel / vrugte gedeel
- Boeke gelees vir inligting
- Oor die telefoon gesels
- “foun” = spreektaal van die 60’s en 70’s
- ‘n Groep plase het ‘n telefoonlyn gedeel, maar elke plaas het sy eie luitoon
gehad – ouma s’n was twee kort luie en drie langes
- Die lang ee-klank (speel, deel en lees) en die twee lang versreëls maak
tempo stadig
- Pas by die gevoel van wye oop vlaktes en rustigheid op die plaas.
- Strofe 1 is die kortste – dui op eenvoudige lewe op die plaas.


Strofe 2
- “ruim erf” – groot eiendom in die dorp
- “kassie” verwys na televisie
- “vasgenael” – sy sit gefassineerd voor die TV (wat sy sien is interessant of
opwindend)
- Sy speel nie, soos haar ma, buite nie.
- Reël 7 en 8 is verbind met aandagstreep
- Die televisie maak drome (oor reis) by die haar ma wakker
- Alliterasie: “wye wêreld te swerf” beklemtoon idee van groot wêreld wat wag
om ontdek te word
- Word in volgende strofe omgekeer: wêreldwye (web)
- In die stad kyk mense flieks as vermaak
- Selfone verskyn voor sy matriek is
- Strofe 2 = langer en meer beknop as strofe 1
- Dui op wêreld wat meer kompleks (tegnologie) en kleiner (fisiese ruimte en
i.t.v. kommunikasie) word.


Strofe 3
- Alliterasie: klankloos klets kuier
- Beklemtoon kontras van klets (met klank) en klankloos (sonder klank)
- Klets in strofe 1 = ouma oor die foon = direk

, - Klets in strofe 3 = kleindogter kommunikeer indirek met vriende oor die web
- Kan maklik inligting op die internet kry
- Bly in kontak deur sosiale media (deel van ‘n boek = Facebook)
- “duiselingwekkend” dui aan hoe ongelooflik groot die internet is
- GROOT = tipografie (hoofletters) dat dit enorm is
- Hierdie GROOT internet maak die wêreld klein – dit pas binne haar klein
kamertjie
- Laaste 4 reëls word al hoe korter – illustreer haar klein leefruimte visueel
- Sluit aan by idee dat wêreld kleiner word
- Kort reëls en enjambement maak tempo vinniger – kontras met eerste strofe
se lang reëls en stadige tempo
Algemeen
- Verdere sosiale kontras: ouma se “maats” met wie sy speel en gesels -> ma
wat voor die TV sit, maar darem nog praat van niggies (familie) in die stad en
dat sy mense ken wat oorsee was
Tot: Die kleindogter se enigste verwysing na ander mense is “met ‘n ieder en
elk in verbinding bly” (op sosiale media) -> geen direkte kontak nie
- Tema: Hoe die wêreld verander het (hoe mense hulself vermaak / hoe mense
met mekaar kontak maak / hoe ons meer geïsoleerd is)
- Digvorm: Vrye vers
Vrae
1. Noem twee aktiwiteite wat die ouma et haar vriende gedeel het.
Hulle het op die wye vlaktes gespeel, granate in die boord geëet en met
maats oor die telefoon gepraat.

2. Verduidelik die verskil tussen die ma end die ouma se fisieke ruimte. Vergelyk
dit met die van die kind/tiener.
In die ouma se tyd het kinders buite op die plaas se vlaktes gespeel. As kind
het die ma se wêreld later “kleiner” geword toe hulle stad/dorp toe getrek het.
Daar het die ma-hulle ‘n groot erf gehad waar hulle kon speel, met ‘n grasperk
en twee bome. Die kind/tiener (die derde geslag) het nie enige van
bogenoemde gehad nie. Geen buitewêreld/landskap word in die derde strofe
genoem nie. Die kind/tiener het ‘n rekenaar en spandeer tyd in die kamer. Die
kind/tiener se speelplek is die webwerf en die enigste boom wat sy ken is
Gumtree, ‘n advertensie-webwerf.

3. Wat is “die Kassie”? Watter verbeeldingsvlugte/drome maak dit in die ma
wakker?
“Die kassie” is die televisie met programme waarop die ma al die oorsese
plekke kon besigtig. Sy het daarvan gedroom om eendag oorsee te reis.

4. Watter opwindende uitvinding is in die ma se tyd bemark?
Die eerste selfone is bemark.

, 5. Alhoewel die spreker al die kennis en tegnologie tot haar voordeel het, is dit
ironies dat dit ook nadelig kan wees. Verduidelik.
Daar is nie fisieke interaksie met die maats nie, want alles gebeur oor
Facebook waar hulle klankloos klets. Hierdie soort interaksie kan nadelig
wees omdat werklike sosiale interaksie ontbreek, sowel as die ontwikkeling
van sosiale vaardighede. Tieners kan geïsoleerd raak. Hulle kan ook verleer
om ander bronne van inligting op te soek. Verder is dit nie voordelig vir ‘n
mens se fisieke ontwikkeling om heeldag voor ‘n rekenaar te sit nie. Oefening
en buitelug-aktiwiteite kan ook verwaarloos word.

6. Watter moontlikhede bled die rekenaar vir die kind/tiener wat maats betref?
Wie dink jy is die gelukkigste? Die ouma of die kind? Motiveer jou mening.
Die tiener kan met maats oor Facebook en kletskamers kommunikeer. Gee
jou eie opinie oor wie die gelukkigste was, bv. “Ek dink dat die ouma en die
ma gelukkiger was. Hulle het nog gespeel, het groot erwe/spasie vir speelplek
gehad en het met ander mense gesosialiseer”.

7. Skryf kort ‘n paragraaf waar jy die kleinwordende wereld soos in die gedig
beskryf, bespreek. Beskryf die fiesieke sowel as die tegnologiese
veranderinge.
In die ouma se tyd het die kinders op ‘n plaas gewoon. Daar was baie spasie
buite. Hulle het wye vlaktes gehad en baie buite gespeel. Hulle het met ‘n
telefoon gekommunikeer en boeke was hulle kennisbronne. As kind het haar
ma se wêreld “kleiner” geword en hulle het van die plaas na die stad/dorp toe
getrek. Daar het hulle ‘n groot erf gehad waar hule kon speel. Tog was daar ‘n
verandering, want in plaas daarvan om baie buite te speel, het haar ma nou
voor die televisie gesit. Dit het haar kennis van die buitewêreld verbreed. Sy
het later met selfone gekommunikeer. Die kind/tiener het nie enige van
bogenoemde fisieke ruimtes beleef nie. Dit lyk ook nie asof sy die fisieke
ruimte mis nie, want speel in ‘n buiteruimte word nie genoem nie. Deur op
haar rekenaarmuis te klik, kan die tegnologiese wêreld en kennis tot binne die
huis en kamer gebring word d.m.v. die internet en Google. Facebook en
kletskamers is die kind se manier om met ander te kommunikeer. Die gedig
begin met lang sinne om die wye spasie van die ouma se leefwêreld aan te
dui en later word die sinne korter om aan te dui dat die leefruimte verder
verklein, tot in die tiener se kamer.

8. Waarop dui die woord "my" in reël 1 van die tipe spreker wat in die gedig
aangetref word? (1)
Ek-spreker/eerstepersoonspreker

9. Watter enkele woord in strofe 1 wys dat die gedig narratief van aard gaan
wees? (1)
‘Toe’
$3.02
Vollständigen Zugriff auf das Dokument erhalten:

100% Zufriedenheitsgarantie
Sofort verfügbar nach Zahlung
Sowohl online als auch als PDF
Du bist an nichts gebunden

Lerne den Verkäufer kennen
Seller avatar
laurielouise2

Lerne den Verkäufer kennen

Seller avatar
laurielouise2 University of Cape Town
Folgen Sie müssen sich einloggen, um Studenten oder Kursen zu folgen.
Verkauft
0
Mitglied seit
1 Jahren
Anzahl der Follower
0
Dokumente
4
Zuletzt verkauft
-

0.0

0 rezensionen

5
0
4
0
3
0
2
0
1
0

Kürzlich von dir angesehen.

Warum sich Studierende für Stuvia entscheiden

on Mitstudent*innen erstellt, durch Bewertungen verifiziert

Geschrieben von Student*innen, die bestanden haben und bewertet von anderen, die diese Studiendokumente verwendet haben.

Nicht zufrieden? Wähle ein anderes Dokument

Kein Problem! Du kannst direkt ein anderes Dokument wählen, das besser zu dem passt, was du suchst.

Bezahle wie du möchtest, fange sofort an zu lernen

Kein Abonnement, keine Verpflichtungen. Bezahle wie gewohnt per Kreditkarte oder Sofort und lade dein PDF-Dokument sofort herunter.

Student with book image

“Gekauft, heruntergeladen und bestanden. So einfach kann es sein.”

Alisha Student

Häufig gestellte Fragen