Asem deur Jan Vermeulen - Hoofstuk 9
Barries maal die rottegif fyn. Dit ruik en proe na niks
nie. Hy het dit by Butcher gekoop en moet nie meer
as ‘n mespunt gebruik nie, anders sal sy pa doodgaan.
Paul sien amper hoe Barries die gif maal. Hulle gaan
maak aandete. Terwyl hulle wag vir die kos om te
kook vra Barries vir iets om te rook. Paul stel voor dat
hulle skaak speel, as Barries die beste uit drie spelle
wen sal Paul vir hom iets kry. Barries is die skool se
kampioen.
Hulle speel toe sewe rondtes en Paul wen die meeste.
Barries is frustreerd.
Paul gaan buitentoe om nog hout te kap vir die
koolstoof. Barries gebruik die geleentheid om na Paul se kamer toe te gaan. Die kamer het ‘n
dubbelbed, klerekas en spieëlkas. Foto’s van Barries as ‘n baba en Paul se trou foto’s hang teen
die muur. In die een bedkassie vind Barries vrouetydskrifte en pienk pantoffels. In die ander is
kunstydskrifte en ‘n skoendoos met die kaartjies wat Barries vir Paul gestuur het toe hy klein
was en sy blou teddiebeer, Bollie. Barries voel seergemaak dat Paul nooit teruggeskryf het nie.
Barries sit alles terug en soek die brandewyn in die matras. Hy kry dit in ‘n gat in die matras en
breek die seël om van die rottegif in te gooi. Die reuk daarvan maak hom naar en kwaad omdat
dit hom aan sy pa herhinner.
Paul vind Barries in sy kamer en Barries sê dat hy net na die foto’s gaan kyk het.
Barries voel asof hy ‘n skuif voor sy pa is.