Wat is die grondwet?
Die Grondwet is die hoogste wet van Suid-Afrika. Dit sit uiteen hoe die regering aanmekaar
gesit is en hoe die land bestuur moet word. Aangesien dit die hoogste wet is, kan geen
ander wette die Grondwet weerspreek nie..
Handves van Regte
Die Handves van mense regte is die hoeksteen van demokrasie in Suid-Afrika. Dit is die
regte van die mense in die land. Dit is die basiese menseregte van alle mense, nie net in SA
nie, en moet geniet word en gerespekteer word.Voorbeelde van menseregte:
• Om gelyk behandel te word.
• Om menswaardigheid tê he en gelyk behandel te word.
• Om jou eie mening en siening en geloof te hê en te volg;
• Om jou idees uit te druk,
• Siening en opinie vrylik uit te leef solank dit nie die regte van ander skend nie.
• Om te leef en te werk in ‘n gesonde omgewing
• Om by die werk regverdig behandel te word
• Om die taal van jou keuse te praat.
• Om toegang te hê tot basiese gesondheidsorg
XENAFOBIESE AANVALLE:
Xenofobie is die vrees of haat van dit wat vreemd of vreemd beskou word.
MEDIA
Die rol van die media in ‘n demokratiese samelewing: Elektronies en gedrukte media
• Elektroniese media is enige media wat batterye of elektrisiteit nodig het soos internet,
emails, webwerwe , blogs, facebook, twitter, radio TV, film en DVD’s
• Gedrukte media sluit in boeke, koerante, tydskrifte, pamflette, brocheres, plakkate en
kennisborde.
Rol van die media in ‘n demokrasie:
• Die rol van die media is om die gemeenskap in te lig oor daagllikse gebeure wat
nuuswaardig is.
• Die media speel ‘n baie belangrike rol om die burgers in te lig oor die regering, hul
regte en vryheid, gesondheid en veiligheid.
• Stel oortreding van menseregte bloot.
• Rapporteer ongeregtige aktwiteite, die howe en hofsake.
• Ontbloot korupsie en wanbestuur.
• Kommunikeer, lig in en onderrig en optevoed.
• Om te vermaak
• Vorm openbare mening
• Politieke inligting te verskaf wat kiesers kan inlig
• Identifiseer probleme in ons land en gemeenskappe.
• Moedig debat en besprekings aan.
• Moedig nasiebou aan, deur toegang te gee tot verskeie sieningspunte,
wereldsieningspunte en ook sportdekking.
, Die rol en verantwoordelikhede van die media in ‘n demokratiese samelewing sluit in:
• Om regverdig, eerlik en betroubaar te wees en op te tree
• Kwessies te verduidelik sonder om sensasie te ontlok of te probeer skok
• nie net op skandale fokus of onwaar opskrifte gebruik net om hul koerante te verkoop
of hul kyk- of luistergetalle te verhoog sodat hulle meer vir advertensies kan vra nie.
• Vry en regverdige verkiesings te bevorder en aan politieke partye gelyke blootstelling
gee
• differensieer tussen feite en menings, en verslagewing versus analise.
• verslagewers oplei om bronne noukeurig na te gaan voordat hulle berigte skryf.
Voorbeelde van wanneer media nie hul rol verantwoordelik vul nie, is:
• In die media word meestal geld gemaak deur borgskappe en advertensies. Daarom
wil die media hul adverteers se belange vul. Hul mag moontlik inligting weerhou of
berigte skryf wat bevooroordeeld is.
• Nuus fokus op vermaak in plaas van inligting. Sommige media is oorlaai met ‘n
geskinder,skandale, seks en geweld inplaas van feite
• Politieke nuus is soms meer oor persoonlikhede as wat dit oor politici se werk en
bydraes gaan. Media publiseer die skandalige privaat lewe van politici en hul familie,
wat niks met hul werk te doen het nie.
• Die lewe van bekende sterre word moeilik gemaak deur paparazzi wat hul
privaatheid indring.Die media is soos aasvoëls wanneer bekendes/beroemdes in die
moeilikheid is; hul vervolg hul in plaas van hul beskerm.
• Media vergroot soms gevare en maak mense bang vir geen rede.
• Nuus en die intrepetasie van gebeur is soms bevooroordeeld, onvolledig en
verkeerd.
Vryheid van uitdrukking en beperking:
Vryheid van uitdrukking beteken dat jy jou idees en opinies mag uitdruk vrylik deur spraak,
skryf of enige ander vorm van kommunikasie.Vryheid van uitdrukking is ‘n basiese reg in ‘n
demokratiese samelewing, en het betrekking tot almal, insluitend die media en individue.
Hierdie regte het egter perke/grense of reels. Mense mag niehul sienswyses uitdruk indien
dit die reg van ‘n ander persoon vernietig /te na kom nie.
Grondwetlike Vryheid van uitdrukking
• Vryheid van pers en ander media
• Vryheid om inligting of idees te ontvang of meet e deel
• Vryheid van artistieke kreatiwiteit
• akademiese Vryheid en Vryheid van wetenskaplike navorsing
Grondwetlike beperkings tot vryheid van uitdrukking
• Propaganda vir oorlog
• Aanmoediging van geweld
• Aanmoediging van haat wat gebaseer is op ras, etnisiteit, geslag , geloof
• Aanmoediging om iemand te beseer