Eenheid 9.1: Funksies van die Johannesburgse
Effektebeurs (JSE)
Die finansiële sektor in Suid-Afrika is een van die beste in die wêreld. Die Johannesburgse
Effektebeurs (JSE) help maatskappye om geld te kry om hul besighede te begin of groter te
maak.
Funksies van die JSE
● Dien as barometer van ekonomiese toestande in Suid-Afrika
● Dien as ‘n skakel tussen beleggers en openbare maatskappye
● Aandele word deur kundiges gewaardeer en beoordeel
● Waagkapitaal word op die ope mark beskikbaar gestel
● Die JSE skep ‘n ordelike mark vir die verhandeling van sekuriteite
● Mobiliseer die fondse van versekeringsmaatskappye en ander instellings
, Eenheid 9.2: Faktore wat in ag geneem moet
word wanneer beleggingsbesluite geneem
word
Die hoofdoel van om geld in 'n besigheid te sit, is om wins te maak. Dit beteken dat die
persoon wat die geld ingesit het, aan die einde meer geld wil ontvang as wat hulle
aanvanklik ingesit het.
Daar is baie maniere om geld te belê, en jy moet oor verskeie dinge dink voordat jy een kies.
Besluitnemingsfaktore vir beleggings
Opbrengs op belegging (OOB):
● Verwys na die bedrag geld wat die belegger bykomend tot die oorspronklike
beleggingsbedrag kry
● Die bykomende bedrga na belasting word uitgedruk as ‘n penetrasie van die
oorspronklike beleggingsbedrag
● Sal hoër wees as die risiko’s verbonde aan die belegging hoog is
● Sal laer wees as die risiko’s verbonde aan die belegging laag is
Risiko:
● Verskillende beleggingsgeleenthede het verskillende risiko’s daaraan gekoppel
● Sekere aandele het wel ‘n lae risiko oor ‘n lang beleggingstydperk
● Aandele meet hoër risiko’s het ‘n groter potensiaal vie hoër opbrengste
● Die risiko verbonde aan beleggingsgeleenthede verwys na die onsekerheid wat
bestaan ten opsigte van die omvang van enige winste wat ‘n belegger kan maak
Beleggingsterm:
● Die beleggingsterm verwys na die duur van die belegging vanaf die aanvanklike
datum van belegging tot die beëindiging daarvan
● Die duur van belegging kan wissel van kort-, middel- en langtermyn aard,
afhangende van die individuele behoeftes van die belegger
● Hoër opbrengste kom die belegger toe met langtermynbeleggings
● Die keuse van die beleggingstermyn/ periode sal afhang van die persoonlike
omstandighede van die belegger
Inflasiekoers:
● Inflasie verwys na ‘n algemene styging in die prys van goedere en dienste oor tyd,
terwyl die waarde van geld as gevolg daarvan afneem
● Hoe hoër die inflasiekoers, hoe laer is die koopkrag van geld
● Beleggers soek daardie beleggings waarin die opbrengs op belegging hoër as die
inflasiekoers is