Bl 46 -47:
Weet hoe om die volgende terme te verduidelik:
1. Geboortesyfer -is die aantal geboortes per 1000 mense in een Jaar
2. Sterftesyfer – is die aantal sterftes per 1000 mense in een jaar
3. Bevolkingsgroeikoers – is die toename in daardie land se bevolking in een jaar
Bl 48 - 49
Weet hoe om die volgende terme te verduidelik.
1. Babasterftesyfer – is die aantal babasterftes per 1000 lewende geboortes
2. Lewensverwagting – is die gemiddelde aantal jare wat n person, vanaf geboorte tot sterfte,
kan verwag om te leef.
BL 50 -51:
Weet wat die verskil tussen MIV en Vigs is.
1. MIV – Menslike ImmuniteitsgebrekVirus. N Virus wat n person se immunuteitstelsel afbreek.
2. Vigs – Verworwe ImmuniteitsGebrekSindroom, n siektes wat die immuniteitstelsel aantas.
Weet hoekom MIV/Vigs so groot impak op Suid-Afrika se geboortesyfer het.
Meer vroue as mans is MIV-positief end it sal die geboortesyfer laat afneem omdat dit
onwaarskynlik is dat vroue met Vigs-verwante siektes, swanger sal word.
Weet wat die verskil tussen ‘n PANDEMIE en ‘n EPIDEMIE is.
1. Pandemie – wydverspreide siektes wat dikwels oor die hele wereld voorkom en wat n groot
aantal mense affekteer
2. Epidemie – die uitbreek van n siekte in n land of streek waar groot aantal mense besmet
word; as die siekte iir verskeie lande versprei, word dit gewoonlik as n pandemie beskou
Ken minstens DRIE simptome van die Swart Dood.
1. Die simptome was vergrote ene opgeswelde armholtes, nek en lies.
2. Slagoffers het siek gevoel
3. Verdere simptome was: erge hoofpyn, naarheid, pynlike gewrigte, koors van 38 - 41˚ C en n
algemene siek gevoel.
4. Die simptome het tussen een en sewed ae geneem om te verskyn,
Weet hoeveel mense van Europa dood is aan die Swart Dood.
1. Daar word beraam dat die Swart Dood 30% tot 60% van Eutopa se bevolking uitgewis het.
2. Die wereldbevolking het destyds van ongeveer n beraamde 450 miljoen na tussen 350 eb
375 miljoen in 1400 afgeneem.