Bl 2 – 13
Sleutelwoorde:
1. Sleutel – n lys waarin die simbole op n kaart gebruik word in woorde
beskryf word
2. Straatgids – n boek van plaaslike kaarte van n spesifieke streek
3. Alfanumeries – letters(alfa) en syfers(numeries) wat as
ruitverwysings gebruik word
4. Kruising – waar twee of meer paaie bymekaarkom en weer verdeel
5. Bestemming – die plek waarheen jy wil gaan, die einde van die reis
6. Akkommodasie – n plek om te bly, soos n kamer of n huis
7. Skiereiland – n nou stuk land in die see vorm
8. Digitale – n horlosie wat die tyd met syfers aandui en nie met wysers
nie
Bl 2 – Die verskil tussen n straatkaart en plaaslike kaart
Straatkaarte Plaaslike kaarte
Straatkaarte wys ’n area soos ’n ’n Plaaslike kaart is ’n kaart van
voël dit uit die lug sal sien. ’n dorp, Voorstad of klein dorpie.
Hulle wys die name van dorpe, Dit fokus op ’n relatief klein area
voorstede en strate en hoe die en gee spesifieke inligting
paaie verbind is. omtrent die plekke in daardie
Die straatname word langs die area.
lyn of draai wat die straat Kaarte van groot stede,
uitbeeld, geskryf. provinsies of lande beeld ’n baie
Belangrike plekke soos skole, groter area uit.
hospitale, kerke en parke word Daarom bevat hulle nie fyn
deur simbole aangedui. besonderhede oor ’n area soos ’n
plaaslike kaart nie.
Bl 3 en 4– Plekke se ligging op n straatgids met behulp van n indeks en
ruitnet
Gebruik ’n indeks
, 1. ’n Straatgids het ’n indeks agterin die boek.
2. Die straatname is in ’n alfabetiese lys gerangskik.
3. ’n Bladsynommer en ruitverwysing verskyn langs die straatnaam om
jou te help om ’n straat op te spoor.
4. Sommige straatgidse bevat ook die name van voorstede.
Om Makhosistraat in die Durban straatgids op te spoor:
Soek die inskrywing “Makhosistraat” in die indeks en kyk na die
bladsynommer (92) en ruitverwysing (EF 131).
Blaai na bladsy 92 in die straatgids.
Soek die regte blok (EF 131).
Makhosistraat is aan die bokant (noorde) van blok EF 131.
As ons kyk na die name van die voorstede in hoofletters, sien ons dat
Makhosistraat in die voorstad van uMlazi geleë is.
Ruitnet
1. ’n Ruitnet bestaan uit horisontale en vertikale lyne wat blokke van
dieselfde grootte vorm.
2. In ’n straatgids word ’n alfanumeriese ruitnet gebruik om dit maklik te
maak om plekke op ’n kaart op te spoor.
3. Die rye word gewoonlik deur letters (alfa) gemerk en die kolomme deur
syfers (numeries).
4. Elke blok het dus ’n alfanumeriese ruitverwysing byvoorbeeld B2 (sien
onderstaande diagram).
Gebruik nou die onderstaande diagram om te oefen. As die ruitverwysing
A1 is, sal jou vingers by punt X ontmoet. Die ruitverwysing vir blok Y is B3.
Blok Z is D4.
Bl 5 – Plekke vind en n roete beskryf met behulp van n straatkaart