Eksamen voorbereiding: Eksamen Tipe Vrae
VRAAG 1
Paragraaf
Bestudeer die omslag van die roman Die vlerke van naaldekokers. Skryf ‘n paragraaf
(en gebruik volsinne) van 80 – 120 woorde en bespreek die omslag van die boek
deur na die volgende te verwys:
• Die hand
• Die naaldekoker
• Die motor
• Die uiltjie
• Japanese esdoringtakke (Purple ghost)
• Die sterre
• Die slakke
• Die gebruik van kleur [10]
VRAAG 2
Paragraaf
Kylie is die hoofkarakter in die roman en ook ‘n eerstepersoonsverteller. Sy
vertel die verhaal en ons leer die ander karakters deur haar oë ken. Bespreek vir
Kylie as die hoofkarakter in ‘n paragraaf (en gebruik volsinne) van 80 – 120 woorde.
Bespreek die volgende aspekte van Kylie:
• Hoe oud sy is.
• Hoe sy oor haar hand aan die begin en die einde van die verhaal voel. Noem
ook wat sy die stompie noem.
• Haar verhouding met haar sussie, Lee.
• Hoe die ongeluk haar verander.
• Watter gebeure haar help om te genees.
1
, VRAAG 3
Paragraaf
Daar is ander karakters in die verhaal wat ‘n rol in Kylie se lewe speel. Verduidelik
watter rol elkeen van dié karakters in Kylie se lewe speel. Jou antwoord moet in ‘n
pargraaf (en volsinne) van 80 – 120 woorde wees. Bespreek hoe die volgende
karakters ‘n rol in Kylie se lewe speel:
• Lee
• Oupa
• Ma Ingrid
• Issie
• Patience
VRAAG 4
Paragraaf
Die roman se titel is: Die vlerke van naaldekokers
Bespreek die simboliek van die naaldekoker in ‘n paragraaf van 80 – 120 woorde.
Gee aandag aan die volgende:
• Die simboliek van die naaldekoker
• Karnaval in Montagu (bl. 148)
• Geskenk wat Oupa vir Kylie in die restaurant gee. (bl.197)
• Hoe Kylie aan die einde van die roman met ‘n naaldekoker identifiseer.
VRAAG 5
Paragraaf
Kylie neem Lieke se as saam op die reis met Oupa en Lee. Bespreek die volgende
in ‘n paragraaf (gebruik volsinne) van 80 – 120 woorde.
• Waarin is die as?
• Noem en bespreek die 3 plekke langs die pad waar die as gestrooi word.
• Waar en waarin word die laaste as gebêre?
• Wie is teenwoordig by die laaste seremonie?
• Wat dra hulle? En waarom?
• Hoe verseker hulle dat Lieke altyd onthou sal word?
2