Die vlerke van naaldekokers:
Antwoorde
1. Wie is die verteller in die verhaal?
Kylie
2. Waarvan is naaldekokers simbolies?
Naaldekokers is simbolies van metamorfose en verandering + simbolies
van ‘n nuwe begin + simbolies van voluit lewe + Naaldekokers
simboliseer om verby die mens se selfgemaakte beperkinge (human
limitation) te kyk.
3. Wat weet jy van die volgende karakters?
3.1 Ingrid
Ingrid is Kylie en Lieke se ma en sy is ‘n onkoloog. Sy het blonde
hare. Sy het haar man, Walter, op Universiteit ontmoet. Sy is
vernoem na die digter, Ingrid Jonker. Haar ouma het haar
grootgemaak, want haar pa was baie weg vir werk. Sy en haar pa
het ‘n gespanne verhouding. Sy was altyd bang dat iets met een
van haar kinders gaan gebeur.
3.2 Walter
Walter is Kylie en Lieke se pa. Hy is ‘n ortodontis. Hy het bruin oë.
Hy ry ‘n motorfiets en neem vir Kylie na haar afsprake met dokter
Eksteen. Soms as hy vir Lieke mis, gaan sit hy buite op Lieke en
Kylie se swaai.
3.3 Issie
Issie is Kylie se beste vriendin. Sy het vroeër vir Kylie gesê sy wil
nie meer vriende wees nie, want Kylie het verander. Kylie stuur ‘n
SMS vir Issie toe sy haar eerste soen kry.
3.4 Justin
Justin gee branderplank-lesse vir Kylie en Lee in Jeffreysbaai.