Die Produksiefunksie
Die produksiefunksie
Verwys na die stel van doelwitte vir die produksie departement.
Doel: om koste en tyd te verminder maar om uitsette te vermeerder deur
hulpbronne in die werkplek optimaal te gebruik.
Bestaan uit die volgende aspekte:
o Fisiese produksie
o Produksiekoste
o Voorraad
o Fabriekuitleg
Aspekte wat oorweeg moet word tydens produkbeplanning
Beplanning
Gaan oor die produkbeplanningsproses se aspekte.
Gaan oor die uitleg van die fabriek.
Werknemers, die aankoop van toerusting, masjinerie en materiale word beplan.
Uitsette word bepaal deur arbeid en masjinerie se begroting te bereken.
Baanbereiding
Baanbereiding is die beplanning van die volgorde waarin produksie gaan
plaasvind.
Dit stel vas die beste en goedkoopste manier waarop die produksieproses op
mekaar volg.
Baanbereiding is die fisiese roete wat die rou materiaal gaan volg in die
produksieproses om tyd en koste te spaar.
Die baanbereiding stel die volgende aspekte vas:
o Kwaliteite en tipe rou materiaal
o Produksieproses en volgorde
o Spesifikasies van die finale produk
o Koste analise
Besetting
Besetting verwys na die beplanning van wie vir elke taak verantwoordelik gaan
wees gedurende die produksieproses. Daar word aan elke persoon 'n taak
toegeken.
Skedulering
Skedulering gaan oor die tydsberekening van die produksieproses. Dit
prioritiseer sekere take en stel vas watter take voltooi moet word voor die
volgende een begin kan word.
Voordele van produkbeplanning
Stel die entrepreneur in staat om te verseker dat elke masjien en werker tot hul
volle potensiaal benut word.
Die onderneming kan verseker dat dit die regte hoeveelheid voorraad op enige
gegewe tyd het.
Dit verminder die vermorsing van materiaal en koste van onnodige berging.
1|Bladsy
, Die Produksiefunksie
Sal voorkom dat tyd gemors word en dat die hoeveelheid van die finale produk
verhoog.
Beplanning proses sluit in gehaltebeheer en verseker dat die regte gehalte
goedere produseer word in die kortste moontlike tyd.
Produksiebeheer
Produksiebeheer gaan oor die beheer van elke individuele taak en aksie in die
produksieproses. Produksiebeheer verseker dat produksie volgens die
produksieplan verloop en uitgevoer word.
Aspekte wat oorweeg moet word met produksiebeheer
Uitdeling
Uitdeling handel oor die uitgee van produksie opdragte om produksie te begin.
Verskaf opdragte vir:
Die begin van die produksieproses.
Beweging van rou materiale ens na die nodige werkstasies.
Nagaan van tyd en kostes betrokke by die proses.
Nagaan van werksvloei volgens baanbereiding.
Toesighou oor die proses.
Opvolging
Opvolging maak seker dat die skedulering en produksie sisteme alles volgens plan
verloop. Dit kyk uit vir onbeplande probleme en sorteer enige misverstande uit in
terme van werkproses vereistes.
Inspeksie
Die nagaan van die gehalte van die proses en die finale produk. Dit word met
gereelde intervalle gedoen gedurende die produksieproses maar ook aan die einde
van die proses. Wetlike en reguleringsprosesse word ook nagegaan om te verseker
dat daar aan die nodige vereistes en standaarde voldoen word.
Korrektiewe aksie
Word gebruik om aanpassings en veranderinge te maak aan die beplanningsproses.
Veiligheidsbestuur
Fabriek veiligheid
Veiligheidsmaatreëls is belangrik in elke werksplek veral as daar met chemikalieë
gewerk word. Alle ondernemings moet verseker dat die nodige kontrole maatreëls
gevolg word ten opsigte van veiligheid.
Redes vir veiligheidsbestuur in die werksplek
Ongelukke in die werksplek kan lei tot ernstige beserings en selfs dood.
Die besigheid kan ‘n slegte beeld ontwikkel indien ongelukke bekend gemaak word.
Ernstige werksplek ongelukke lei daartoe dat beleggers hul geld in ander
ondernemings gaan belê.
Voornemende werknemers kan ook besluit om nie 'n werksaanbod te aanvaar nie
omdat daar te veel ongelukke plaasvind.
Vereistes vir 'n veilige werksomgewing
2|Bladsy