Written by students who passed Immediately available after payment Read online or as PDF Wrong document? Swap it for free 4.6 TrustPilot
logo-home
Exam (elaborations)

AFK1502 - 13 - Eksamen vraestel & antwoorde

Rating
4.0
(7)
Sold
11
Pages
7
Uploaded on
07-03-2018
Written in
2013/2014

AFK Vraestel met volledige antwoorde. Het my baie gehelp in die eksamen, volg presies die formaat van die eksamen. Help baie om met die vraestel te oefen.

Institution
Course

Content preview

UNISA 2013 AFK1502 OKTOBER




AFK1502 BASIESE TEKSVAARDIGHEDE: Memorandum eksamenvraestel Oktober/November 2013

Vraag 1

Lees die onderstaande teks aandagtig deur en beantwoord dan die vrae wat daaroor gestel word.


’n Mens gaan met vakansie omdat jy wil ontspan nadat jy ’n jaar lank hard gewerk het. Jy het
immers jou deel gedoen en verdien nou ’n sorgelose wegbreektydjie. Maar om met vakansie te gaan,
kan ongelukkig sy eie spanning teweegbring. Eerstens is daar die reisreëlings wat getref moet word,
die tasse en ander benodighede wat gepak moet word en die beslommernis om te sorg dat daar na
jou huis en troeteldiere omgesien word.
Verder moet ’n mens die nodige voorsorgmaatreëls tref om te sorg dat jy en jou besittings so veilig
moontlik is tydens die dae of weke wat jy met vakansie gaan wees. Jy moet basies na twee ekstra
sake omsien: jou woning en besittings wat jy agterlaat, en jou veiligheid terwyl jy by jou
vakansieplek vertoef.

Wat betref die woning wat jy agterlaat: dit is natuurlik die beste as jy ’n betroubare persoon kan kry
om jou huis op te pas tydens jou afwesigheid. Dit is egter nie altyd moontlik nie, en in sulke gevalle
moet jy toesien op ’n aantal sake, byvoorbeeld dat die huis se alarm behoorlik werk en dat iemand die
posbus by jou huis sal leegmaak sodat die posbus nie oorloop van koerante en advertensieblaadjies
nie. Sorg ook dat iemand die gras sny as jy langer as twee weke gaan weg wees van die huis af – ’n
posbus wat oorloop en lang gras is soos ’n advertensie vir skelms dat jy nie tuis is nie. Moet ook nie
jou afwesigheid op sosiale netwerke soos Facebook en Twitter adverteer nie – dit is nie altyd slegs ’n
mens se vriende wat in sulke inligting belangstel nie. Los ’n ekstra stel huissleutels en jou
kontakbesonderhede by ’n vriend of by bure; moet dit nie onder ’n matjie of in ’n blompot op die
stoep los nie. Dit is die eerste plek waar inbrekers ook kyk. Indien iemand nie die huis gaan oppas of
gereeld daarna kom omsien nie, kan jy oorweging skenk aan die installasie van ’n tydskakelaar wat
self die ligte aan- en afskakel in die aande en oggende. Dit skep die illusie dat daar mense by die huis
is. En natuurlik moet jy seker maak dat jou huisversekering op datum is en dat jy ten volle gedek is
teen alle gebeurlikhede.

Om die moontlikheid van ’n brand te voorkom, is dit veiliger om alle elektroniese toerusting soos
rekenaars, televisiestelle en klankstelsels uit te prop. Dit spaar ook baie krag as jy die yskas en
vrieskas leegmaak en afskakel. Die warmwatertoestel of geiser is verantwoordelik vir ’n derde van
jou maandelikse kragrekening; jy sal baie krag bespaar as jy dit afskakel.

Wanneer jy op jou vakansieplek aankom, moet jy sorg dat jy die plaaslike noodnommers op jou
foon het. Gebruik kitsbanke oordeelkundig; gaan verkieslik na een in ’n besige winkelsentrum waar
daar veiligheidsbeamptes aanwesig is. Moet ook nie soos ’n tipiese toeris rondloop met ’n beursie
propvol kontant of met kameras, duur verkykers of ander elektroniese toerusting om jou nek nie.
Los ook gerus jou duur juwele in die kluis by die huis of in veilige bewaring by jou bank.



1.1 Voorsien hierdie teks van ’n gepaste en aantreklike opskrif.

Enige gepaste opskrif: ½ vir gepas (dit wil sê dit dek die onderwerp van die teks) en ½ vir aantreklik (dit wil
sê dit nooi die leser uit om die teks te lees). (1)

Let wel: die puntetelling van vraag 1.2. en vraag 1.3 is omgeruil: 1.2 tel nou 4 punte en 1.3 tel 5
punte.

1.2 Stel ’n elementêre bouplan op vir hierdie teks. (4)

, UNISA 2013 AFK1502 OKTOBER




Tema: Veiligheidswenke vir die vakansietyd
HV1: Hoekom skep vakansie ook dikwels spanning?
HV2: Hoe kan ‘n mens seker maak dat jou blyplek veilig is tydens jou afwesigheid?
HV3: Wat kan mens doen om jou veiligheid te verseker by jou vakansieplek?

1.3 Skryf ’n gepaste slotparagraaf vir hierdie teks (nie meer as 5 reëls nie). (5)

In die slotparagraaf kan daar ‘n soort samevatting van die voorafgaande inligting gegee word, byvoorbeeld:

As jy bogenoemde maatreëls toepas, behoort jou vakansie inderdaad ‘n sorgvrye en ontspannende ervaring te
wees. Gaan geniet jou vakansie sonder om wakker te lê oor jou besittings en persoonlike veiligheid, en hervind
nuwe energie vir die jaar wat voorlê. Dit is mos wat vakansies behoort te wees.

1.4 Skryf ’n samevatting van die teks in ongeveer 150-170 woorde. (Die oorspronklike teks bevat 514
woorde.)

Voorbeeld van ‘n geslaagde samevatting:

Vakansies beloof ontspanning, maar veroorsaak ook spanning. Twee sake kort aandag: jou
eiendom wat jy agterlaat, en jou veiligheid by jou vakansieplek.

Kry ’n betroubare persoon om jou huis op te pas. Indien dit onmoontlik is, sorg dat die
huisalarm behoorlik werk, dat iemand die posbus sal leegmaak en die gras sny as jy langer as
twee weke weggaan. Moet nie jou afwesigheid op sosiale netwerke adverteer nie. Los ’n
ekstra stel huissleutels en kontakbesonderhede by bekendes, nie op ooglopende plekke nie. ’n
Tydskakelaar vir ligte skep die illusie van mense wat tuis is. Sorg dat jou huisversekering op
datum is en volle dekking bied.

Om brand te voorkom, moet jy elektroniese toerusting uitprop. Bespaar krag deur yskaste en
geisers af te skakel.

By jou vakansieplek moet jy die plaaslike noodnommers op jou foon hê. Gebruik kitsbanke
oordeelkundig; verkieslik in besige winkelsentrums met veiligheidsbeamptes. Moet ook nie
soos ’n tipiese toeris rondloop met waardevolle items aan jou persoon nie. Los duur juwele
liewer op ‘n veilige plek. (167 woorde)

(15)

1.5 Skryf die volgende sinne oor in die passief: (4)

1.5.1 Indien iemand nie die huis gaan oppas nie, kan ’n mens ’n tydskakelaar installeer.

Indien die huis nie opgepas gaan word nie, kan ‘n tydskakelaar geïnstalleer word.

1.5.2 Jy moet ’n ekstra stel huissleutels en jou kontakbesonderhede by ’n vriend of by bure los.

‘n Ekstra stel huissleutels en jou kontakbesonderhede moet by ‘n vriend of by bure gelos word (deur
jou).
2 elk. Trek af vir verkeerde tydsvorm of weglating van hulpwerkwoorde.

2.1 Skryf die volgende sin oor in die aktief. Jy moet al drie dele van die sin verander: (3)

Written for

Institution
Course

Document information

Uploaded on
March 7, 2018
Number of pages
7
Written in
2013/2014
Type
Exam (elaborations)
Contains
Unknown

Subjects

$5.33
Get access to the full document:
Purchased by 11 students

Wrong document? Swap it for free Within 14 days of purchase and before downloading, you can choose a different document. You can simply spend the amount again.
Written by students who passed
Immediately available after payment
Read online or as PDF

Reviews from verified buyers

Showing all 7 reviews
4 year ago

5 year ago

6 year ago

6 year ago

6 year ago

6 year ago

7 year ago

7 year ago

Hi Danelle, What exactly was you issue here?

4.0

7 reviews

5
3
4
3
3
0
2
0
1
1
Trustworthy reviews on Stuvia

All reviews are made by real Stuvia users after verified purchases.

Get to know the seller

Seller avatar
Reputation scores are based on the amount of documents a seller has sold for a fee and the reviews they have received for those documents. There are three levels: Bronze, Silver and Gold. The better the reputation, the more your can rely on the quality of the sellers work.
monique9515 AAA School of Advertising
Follow You need to be logged in order to follow users or courses
Sold
154
Member since
9 year
Number of followers
132
Documents
26
Last sold
3 year ago

4.0

39 reviews

5
19
4
10
3
5
2
0
1
5

Trending documents

Recently viewed by you

Why students choose Stuvia

Created by fellow students, verified by reviews

Quality you can trust: written by students who passed their tests and reviewed by others who've used these notes.

Didn't get what you expected? Choose another document

No worries! You can instantly pick a different document that better fits what you're looking for.

Pay as you like, start learning right away

No subscription, no commitments. Pay the way you're used to via credit card and download your PDF document instantly.

Student with book image

“Bought, downloaded, and aced it. It really can be that simple.”

Alisha Student

Frequently asked questions