GRAAD 12
HOOFSTUK 13: SOSIALE
VERANTWOORDELIKHEID,
KORPORATIEWE MAATSKAPLIKE
VERANTWOORDELIKHEID EN
KORPORATIEWE MAATSKAPLIKE
INVESTERING
, HOOFSTUK 13: SOSIALE VERANTWOORDELIKHEID,
KORPORATIEWE MAATSKAPLIKE
VERANTWOORDELIKHEID en KORPORATIEWE
MAATSKAPLIKE INVESTERING
SOSIALE VERANTWOORDELIKHEID
1. Betekenis van sosiale verantwoordelikheid
• Dit is 'n verpligting om die welstand van die samelewing te verbeter.
• 'n Etiese siening wat sê dat elke organisasie 'n verpligting het om tot
voordeel van die samelewing op te tree.
• Die verantwoordelikheid van elke organisasie om by te dra tot die
welstand van die gemeenskap en die omgewing waarin hulle woon.
Hierdie verantwoordelikheid behels die volgende:
o Vermy alle aksies wat die omgewing en die samelewing kan benadeel.
o Tree op in maniere wat die lewensgehalte van ander mense verbeter.
2. Betekenis van die drievoudige sleutelaspekte(triple bottom line)
• 'n Drievoudige sleutelaspek beteken dat ondernemings op wins, sosiale en
omgewing moet konsentreer.
• Die drievoudige sleutelaspek is 'n rekeningkundige raamwerk wat bestaan
uit bogenoemde drie elemente.
• Baie ondernemings het hierdie raamwerk aangeneem om hul prestasies te
evalueer om groter besigheidswaarde te skep.
3. Verduidelik die verhouding tussen sosiale verantwoordelikheid
en drievoudige sleutelaspekte(triple bottom line)
Wins
• Drievoudige sleutelaspekte beteken dat besighede nie net op wins moet
fokus nie, maar ook in KMI-projekte te belê.
• Besighede behoort nie wins te maak ten koste van die gemeenskap nie.
Sosiaal
• Sakebedrywighede behoort nie 'n negatiewe impak op mense te hê nie.
• Besighede behoort betrokke te raak in volhoubare
gemeenskapsprogramme tot voordeel van gemeenskappe.
Omgewing
• Besighede behoort nie natuurlike hulpbronne uit te put vir
produksiedoeleindes nie.
• Hulle kan omgewingsvriendelike programme ondersteun.
• Herwin afvalmateriaal bv. verpakking van herwinde materiaal.