GRAAD 12
HOOFSTUK 4 – KREATIEWE
DENKE
, HOOFSTUK 4: KREATIEWE DENKE
1. Betekenis van probleemoplossing
• Dit is die proses om 'n situasie te ontleed en om strategieë te
identifiseer wat gebruik kan word om die situasie te verander.
Probleemoplossing benodig kreatiewe denke.
• Probleemoplossing is 'n proses om probleme te vind en dan die
vermoë om die probleem te identifiseer.
• Dit behels ook die vorming van probleme, wat die vermoë is om die
probleem so te ontleed dat 'n duidelike oplossing gevind kan word.
2. Betekenis van besluitneming
• Besluitneming is 'n keuse wat gemaak word deur 'n mens se oordeel
te gebruik.
• Dit is daarop gemik om 'n oplossing vir 'n probleem te vind deur die
beste oplossing of aksie te kies.
3. Onderskei tussen probleemoplossing en besluitneming
BESLUITNEMING PROBLEEMOPLOSSING
• Dit word dikwels deur een
persoon/’n lid van senior bestuur • Probleme kan deur ‘n
gedoen wat die proses groep/span opgelos word wat
outokraties maak. die proses raadgewend maak.
• Verskeie alternatiewe word • Alternatiewe oplossings word
oorweeg voordat daar op die geïdentifiseer en krities
beste een besluit word. geëvalueer.
• Dit is deel van die • Proses om ‘n situasie te analiseer
probleemoplossing siklus, want om strategieë te identifiseer om
besluite moet by elke stap verandering te weeg te bring
geneem word.