Elektroniese kommunikasie verwys na al die maniere waarop mense met
behulp van elektroniese toestelle kommunikeer.
Voordele:
• Maklik om digitaal te kommunikeer
• Kan maklik en effektief met baie mense regoor die wêreld kontak
maak
• Kan oral op verskillende toestelle gebruik word.
• Vinniger as konvensionele metodes
• Kan reiskoste bespaar
• Goedkoper as ouer vorme van kommunikasie
Nadele:
• Doeltreffende digitale kommunikasie is afhanklik van internetdekking
en -spoed.
• Dit is ‘n vereiste dat ander mense ook digitaal gekonnekteer moet
wees.
• Vereis ‘n relatiewe duur toestel.
• Probleme met versoenbaarheid van hardeware en sagteware mag
ontstaan.
• Die effektiewe gebruik van digitale kommunikasie hang af van die
bekwaamheid en selfvertroue van die gebruiker af.
Goeie praktyke:
• Hou tydsones in gedagte
• Hou verskille in bandwydte (koste, spoed en cap) in gedagte
• Onthou dat digitale kommunikasie grootliks onpersoonlik en
gesigloos is, behalwe vir videokonferensie. Kommunikasie kan maklik
verkeerd vertolk word.
• Die internet is ‘n openbare plek. Dink twee keer voordat jy
persoonlike inligting aanlyn openbaar maak.
, Gebruike van digitale kommunikasie
E-pos
Behels die opstel, stuur en ontvangs van elektroniese boodskappe via ‘n
netwerk, insluitende die internet.
E-posprogramme soos Gmail en Outlook maak nie net die stuur en
ontvang van e-posboodskappe moontlik nie, dit bevat ook elemente
soos kalenders, kontaklyste, taaklyste en argiewe.
Kalender
Kan reminders vir gebeure, verjaarsdae of afsprake opstel. Kan
outomaties met jou slimfoon en tablet gesinchroniseer word sodat jy
toegang tot jou skedule het waar jy ook al is. Kan tussen lede van groepe
gedeel word.
Take
Die ‘tasks’-opsie maak daarvoor voorsiening dat gebruikers take op ‘n
om-te-doen-lysie kan aanteken om hulle te herinner aan dinge wat hulle
moet doen.
Kontaktelys
Hierin kan die e-posadresse van die mense aan wie jy e-pos wil stuur,
gestoor word.
E-poskontakte kan in groepe georganiseer word sodat jy dieselfde
boodskap aan baie mense kan stuur.
Argivering
Stel jou in staat om jou inboks skoon te maak sonder om die boodskap uit
te vee.