1
, Susan Boyle - Kobus Grobler
R Reel Analise
Strofe 1 :
➢ bestaan uit twee kwatryne wat ʼn oktaaf vorm (8 versreëls)
➢ Stadige tempo ondersteun die lang wag voordat die deelnemers kan optree.
1 daar staan jy inskrywing 43212 Susan Boyle word direk aangespreek in die eerste
persoon.
Dit is asof daar ‘n dialoog ontstaan
Klem word geplaas op die inskrywingsnommer op haar
bors. Daar was meer as 43000 inskrywings en sy word
gekies as ‘n finalis.
Melding word gemaak van haar reeds op die verhoog
waar sy in die kollig staan.
Uit inskrywing 43212 lei ons af dat daar baie deelnemers
was. Dit dui ook op anonimiteit – deelnemers is slegs
nommers.
Kleinletters om haar te beskryf –dui op onbelangrikheid.
Voorplasing/ woordorde omgeruil: beklemtoon eerste
woord – versreël 4 “miserabel” word beklemtoon omdat
sy ellendig voel oor die beoordelaars se vooroordeel/
verwys ook na die lied wat sy sing.
2 voor die pilatusse van Britain’s got talent Metafoor: Susan Boyle vergelyk met Christus wat voor
Pontius Pilatus moes verskyn – onskuldig voor ‘n skare
wat Hom reeds skuldig bevind het.
Pilatusse is metafoor – verwys na beoordelaars
Pilatusse met klein letter – dui daarop dat dit nie die
oordeel van ‘n individu is nie maar ‘n hele gehoor
Pilatusse – kan ook verwys na die drie beoordeelaars
wat oor haar toekoms (en talent) sal besluit.
Verwysing na BGT die program.
“Pilatusse”: is ’n soortnaam, nie ʼn eienaam nie.
3 aangeja soos ’ n skaap Vergelyking – baie deelnemers word nie menslik
behandel nie, maar soos ‘n trop skapem - sonder
identiteit. Hulle is na die verhoog gelei soos ‘n skaap
Sou ook kon verwys na die idioom – soos ‘n lam ter
slagting
Suggestie: “ aangeja soos skape” suggereer die
deelnemers is dom en gaan maar net waar hulle gestuur
word
aa-Assonansie: Stadige tempo word met behulp van
lang -aa-klanke (assonansie) om die lang proses
waardeur die deelnemers gaan te beklemtoon
2