1. Watter karakters ontmoet ons in die vestingskote (establishing shots)?
2. Watter stokperdjie (hobby) het Tiaan in die film?
3. Waar in die film vind ons 'n voorbeeld van 'n lugskoot (aerial shot)?
4. Hoe word die karakter van mnr. Marx uitgebeeld?
5. Mnr. Marx vra wat Tiaan en Zane doen om die Eerste rugbyspan te ondersteun. Waarom vra hy
hierdie vraag?
6. Wat doen Zane verkeerd met die wasgoed?
7. Waarom is Zane, Tiaan en hulle ouers in die hoof se kantoor?
8. Wat sê die ouers sal hulle doen om op te maak vir Zane en Tiaan se fout?
9. Hoe oortuig (convince) Zane vir Tiaan dat hulle wel aan die rock-kompetisie moet deelneem?
10. Watter liedjie sing Tiaan en Zane om vir die orkes oudidies te doen?
11. Hoe reageer mnr. Marx op die liedjie wat hulle speel?
12. As jy kyk na Liezl se skoolbaadjie (blazer) watter afleiding (conclusion) kan jy maak oor haar skool
prestasies?
13. Waarom, dink jy, is daar soveel verskille tussen die boek en die film?
14. Waarheen was Tiaan oppad toe hy in die strate gery het op sy skaatsplank (skateboard)?
15. Het Tiaan sy gewensde antwoorde in die gyselaarsdrama gekry? Motiveer jou antwoord.
16. Watter plan maak Tiaan om steeds voort te gaan met die optrede by die kompetisie?
17. Hoe het Tiaan vir Liezl laat weet hoe hy oor haar voel?
18. Hoe het Tiaan geweet Zane het hom vergewe?
19. Was die film se fokuspunt 'n rock-kompetisie of 'n liefdesverhaal?
20. Het die film vir jou gewerk? Motiveer jou antwoord met spesifieke redes.