Berekende volume-tot-vloeistofvolume-omskakelings
→
Volume word gewoonlik in liter uitgedruk.
→
Wanneer volume bereken word, is dit gewoonlik in kubieke eenhede (cm3 , mm3 , m3 ).
•
1cm3 = 1ml.
•
1l = 1 000 ml.
•
1m3 = 1kl.
Voorbeeld
`n Houer is reghoekig.
Dus is die volume : l × b × h
= 20 cm × 20 cm × 5 cm
= 2 000 cm3
Met behulp van die omskakelings 1 cm3 :
1 ml en 1 000 ml = 1 liter
1 000 cm3 = 1 liter
2 000 cm3 = 2 liter
Berekende area-tot-vloeistofvolume-omskakelings
→
Area word bereken in vierkante eenhede (cm2, mm2, m2).
→
Om die volume van verf of ander vloeistof te bereken wat nodig is om die oppervlak te
bedek, word ’n spreidingskoers gebruik.
→
Dit is die grootte van die area wat ’n liter kan dek.
→
Die spreidingskoers sal altyd aangedui word (byvoorbeeld 7
m per liter). → Die spreidingskoers hang af van :
•
Die tipe en die dikte van die verf (of ander vloeistof).
•
Die tekstuur (grofheid) van die oppervlak wat gedek moet word.
•
Hoe absorberend die oppervlak wat gedek moet word, is.
Voorbeeld
’n Onkruiddoder dui aan dat dit 60 ml konsentraat
vir 100 m2 grondoppervlak vereis.
Watter volume onkruiddoder word vereis om die area langsaan te behandel?
Area : lengte × breedte
= 20 m x 12 m
= 240 m2
Onkruiddoder vereis :
60 ml : 100 m2
144 ml : 240 m2