Karakters
0
, Lien se Lankstaanskoene - Derick van der Walt Studiegids
Karakters
Lien Jooste
● Matriekulant met lang, donker hare
● Hardwerkend: sy probeer alles om geld te verdien om vir haar en Braam te voorsien
● Sy is sensitief en ons sien haar gevoelens deur Norah se liedjies
● Sy het ‘n sin van verantwoordelikheid: haar pa is in die tronk en haar ma is verslaaf aan
drank. Lien neem verantwoordelikheid om vir die woonstel te betaal en om na haar broer
te kyk
● Sy is Braam se ouer suster
● Praat skaars met haar ma
● Sy droom om oorsee te gaan
● Sy is ‘n medemens: sy help vir Braam en Tibbey
● Lojaal: al is haar vriende bedelaars, nooi sy hulle skool toe
● Lien is vrygewig: sy gee die bietjie geld wat sy het om vir Tibbey ‘n kar te laat bou
● Wil eers ‘n prokereur word, en later wil sy drama studeer
Christien Jooste
● Lien en Braam se ma
● Lang, donker hare. Het haarself die laaste twee jaar verwaarloos
● Verslaaf aan drank
● Musiekonderwyseres wie by Binnelandse Sake gewerk het totdat sy haar werk verloor
het
● Emosioneel afgesluit van haar kinders
Braam Jooste
● Lien se jonger broer
● Sestien jaar oud
● Kyk baie televisie
● Speel krieket
● Was altyd grapperig
Hein Venter
● Blonde, krulhare
● Kort nek en ‘n yslike neus, maar fris
● Ernstige persoon
● Bou vir Tibbey ‘n karretjie toe hy sy bene verloor het
● Doen houtwerk
Saamgestel deur Dominique Strydom
1