Fotografie is een van die belangrikste elemente van 'n film, want dit dra by
tot 'n film as 'n visuele kunsvorm. (visual art). Die kameraman sal van
verskillende tegnieke gebruik maak om sekere elemente te gebruik en aspekte
te beklemtoon.,(emphasise). Hierdie elemete help om die kyker op 'n bepaalde
manier na 'n film te laat kyk
FUNKSIE DEFENISIE
ULTRA NABYSKOOT
(EXTREME CLOSE-UP)
Die kamera zoem uiters naby in op 'n voorwerp en wys
uiterse detail soos 'n oog, neus, 'n muskiet, ens.
Dit skep intense, intieme en dramatiese atmosfeer.
NABYSKOOT
(CLOSE-UP)
Die kamera zoem in op die persoon of voorwerp en
dit wys fyner besonderhede (detail). Dit is gewoonlik
kop- en skouerskote met min agtergrondinligting.
Die nabyskoot dra sekere inligting oor en/of
openbaar emosies van karakter. Dit word gebruik om
emosie te wys.
MEDIUM-TOT-NABYSKOOT
(MEDIUM CLOSE-UP)
Dis wanneer die karakter van reg bo hul kop tot by
die middel van die bolyf afgeneem word.
Die idee van hierdie skoot is dat is steeds maklik die
emosies en gesigsuitdrukkings van die karakter kan
sien, terwyl jy steeds 'n bietjie van die agtergrond
sien.
, MEDIUMSKOOT
(MEDIUM SHOT)
Die kamera is gefokus op 'n persoon/e en wys
minder detail as 'n nabyskoot. Dit word dikwels
gebruik om mense in gesprek te wys -
verteenwoordig realiteit.
Dra inligting oor die karakter aan kyker oor, maar
sluit gedeelte van agtergrond in.
MEDIUM-TOT-VERSKOOT
(MEDIUM LONG SHOT)
(3/4 Shot) Tussen 'n Medium- en Verskoot. Wys
onderwerp vanaf die knieë en op.
Dra inligting oor die karakter aan kyker oor, maar
sluit gedeelte van agtergrond in.
VERSKOOT
(LONG SHOT)
Die kamera zoem in en uit en wys die
karakter/s in hul omgewing - dus die groter
prentjie.
Dit wys die persoon met ruimte bo, onder en
aan die kant - karakter se hele liggaam is
sigbaar.
Dra gewoonlik eerder inligting as emosie oor.