? Tanya Joubert
Jou naam draai ek uit elke appelstingel,
pak dit in spoelklippies op die strand.
Ek vinger jou naam op vuil motorvensters,
toegewasemde spieëls en oor die palm van my hand.
Ek braille dit in my passerblik,
doodle dit in my tuiswerkboek, op my tas.
Jou naam pen ek oor n swartbord
sodat niemand dit ooit weer af kan was.
Ek ryg dit regs aan mý naam vas
en dra dit soos kraletjies om my nek,
graffiti dit op elke straathoek
soos n hond wat sy been lig om te sê :” Dis mý plek !”
Want jý is άl my uithangborde,
die screensaver van my brein,
die tatoeëermerk oor my hart
en, wie weet, dalk nog die T-hemp van my pyn.
Miskien het jy my naam al uitgevee. Uitgetippex!
Of dalk versier jy dit met smiley faces ( ☺ ☺ ) en ‘n soentjie-x.
Ek sal verstaan as jy my nog nie kan spel nie,
nie eens met leestekens kan vertel nie.
Net jammer jóú naam, is nog net ‘n
?