Ekonomiese stelsels
‘n Stelsel wat ‘n land kies om sy hulpbronne toe te wys, en sy goedere en hulpbronne te versprei.
Ekonomiese stelsels beoog om een van die belangrikste probleme in die ekonomie op te los: die
ekonomiese probleem.
Iemand moet besluit wat om te produseer, hoe om dit te produseer, hoeveel om vir die produk of diens
te vra en hoe om dit onder die land se mense te verdeel.
Verskillende lande het met verskeie maniere vorendag gekom om dit te doen.
‘n Ekonomiese stelsel is ‘n meganisme waarmee die probleem van skaarsheid en keuse aangepak word.
Dit maak kommunikasie tussen verbruikers en produsente moontlik.
In die ekonomie is die drie vernaamste stelsels wat gebruik word:
1. Beplande ekonomie
2. Mark ekonomie
3. Gemengde ekonomie
1.Beplande ekonomie
In ‘n beplande ekonomie besit die regering die grond en natuurlike hulpbronne, die fabrieke en die
plase.
Individue word nie toegelaat om eiendom te besit nie.
Die regering besluit wat geproduseer moet word en vir hoeveel dit verkoop moet word.
Die regering besluit ook wie kry hoeveel van dit wat geproduseer word.
Daar is dus geen mededinging met ondernemings wat goedere en dienste teen verskillende pryse
aanbied nie.
Beplande ekonomiese stelsels staan ook bekend as bevels- en sosialistiese ekonomiee.
In hierdie stelsel poog die regering om ongelykhede te vermy, sodat daar nie baie arm of baie ryk mense
is nie almal moet dieselfde gerief beleef.
‘n Beplande ekonomie ontstaan gewoonlik wanneer ‘n land sy oorlogekonomie vinnig moet
industrialiseer.
2.Markekonomie
‘nMarkekonomie is ‘n onbeplande ekonmie waar grond, eiendom en besighede deur private individue
besit word, nie die regering nie.
Die oogmerk van besigheid in ‘n markekonomie is om wins te maak.
, Entrepreneurs besluit watter goedere en dienste om te produseer en hoeveel om daaroor te vra,
gegrond op wat hulle dink mense wil he en bereid is om te betaal.
Besighede en individue leen geld by banke en beleggers.
In ‘n markekonomie bestee verbruikers, die regering en besighede dus geld aan goedere en dienste.
Werkers en besighede maak geld uit die produksie van goedere en dienste.
Die regering maak geld uit belasting en bestee geld aan openbare dienste.
3.Gemengde ekonomie
‘n Gemengde ekonomie is ‘n mengsel van private en staatsbeheer oor die ekonomie.
Die regering sowel as individue en besighede besit grond en natuurlike hulpbronne.
Suid – Afrika is in ‘n gemengde ekonomiese stelsel.
Eienskappe van ‘n Beplande ekonomie
Eienaarskap: alle produksiefaktore behalwe arbeid behoort aan die staat. Daar is geen privaat eiendom
nie.
Motivering: daar word aanvaar dat alle verbruikers en ondernemings asook die staat onselfsugtig
saamwerk tot gemeenskaplike voordeel, of tot voordeel van die gemeenskap.
Beplanning: hulpbronne word deur middel van ‘n beplanningsproses toe geken. Met ander woorde die
staat wys arbeid toe aan werk, en skryf aan verbruikers voor wat om te verbruik.
Mededinging: geen
Eienskappe van ‘n Markekonomie
Eienaarskap: produksiefaktore word deur die verbruikers besit. Die basis hiervan is eiendomsreg en
privatisering versterk die kenmerk.
Vrye ondernemingskap en keuse: verbruikers en ondernemings kan dit wat in hul besit is vrylik koop en
verkoop op die mark. Die staat plaas min druk op verkope.
Mededinging: mededinging ontstaan wanneer ekonomiese eenhede vry is om hulpbronne te gebruik
soos hulle wil.
Motivering: eiebelang en eievoorbereiding is die dryfkrag in mark ekonomiee. Verbruikers streef na
maksimale welvaart en produsente streef na maksimale winste.