, Inhoudsopgawe
Onderwerp 1 : Geografiese vaardighede en tegnieke ................................................................ 2
Eenheid 1 : Kaartvaardighede ...................................................................................................... 2
Eenheid 2 : Topografiese kaarte .................................................................................................. 4
Eenheid 3 : Lugfoto’s en ortofoto’s ............................................................................................... 8
Eenheid 4 : Geografiese Inligtingstelsels (GIS) .......................................................................... 10
Eenheid 5 : Die gebruik van atlasse ........................................................................................... 12
Eenheid 6 : Veldwerk en praktiese werk .................................................................................... 18
Onderwerp 2 : Die atmosfeer ...................................................................................................... 19
Eenheid 1 : Samestelling en struktuur van die atmosfeer........................................................... 19
Eenheid 2 : Verhitting van die atmosfeer .................................................................................... 21
Eenheid 3 : Vog in die atmosfeer ............................................................................................... 26
Eenheid 4 : Lees en interpretasie van sinoptiese weerkaarte .................................................... 29
Onderwerp 3 : Geomorfologie .................................................................................................... 30
Eenheid 1 : Struktuur van die Aarde ........................................................................................... 30
Eenheid 2 : Plaattektonika .......................................................................................................... 34
Eenheid 3 : Plooiing en verskuiwing ........................................................................................... 36
Eenheid 4 : Aardbewings............................................................................................................ 38
Eenheid 5 : Vulkane ................................................................................................................... 42
Onderwerp 4 : Bevolking ............................................................................................................. 44
Eenheid 1 : Bevolkingsverspreiding en -digtheid ........................................................................ 44
Eenheid 2 : Bevolkingstruktuur ................................................................................................... 45
Eenheid 3 : Bevolkingsgroei ....................................................................................................... 47
Eenheid 4 : Bevolkingsbewegings .............................................................................................. 51
Eenheid 5 : MIV en Vigs ............................................................................................................. 55
Onderwerp 5 : Waterhulpbronne ................................................................................................ 57
Eenheid 1 : Water in die wêreld .................................................................................................. 57
Eenheid 2 : Oseane van die wêreld ............................................................................................ 58
Eenheid 3 : Waterbestuur in Suid-Afrika .................................................................................... 61
Eenheid 4 : Vloede ..................................................................................................................... 64
1
, Onderwerp 1 : Geografiese vaardighede en tegnieke
EENHEID 1 : KAARTVAARDIGHEDE
Term Definisie
Koördinate Die getalle wat gebruik word om ’n punt op ’n ruitenet te bepaal.
Breedteligging Die hoekafstand van ’n plek suid of noord van die ewenaar.
Graad Een-neëntigste van ’n regte hoek.
Minuut Een-sestigste van ’n breedte- of lengtegraad.
Sekonde Een-sestigste van ’n minuut van ’n breedte- of lengtegraad.
Lengteligging Die hoekafstand van ’n plek oos of wes van die hoofmeridiaan, wat 0° is.
Hoofmeridiaan Die meridiaan waarvandaan ons lengtegrade meet.
Trigonometriese
’n Wit sementkolom met ’n swart metaalvin bo-op.
stasie
Die verhouding waarin die afstand tussen twee punte op ’n kaart die afstand
Skaal
tussen dieselfde twee punte op die grond verteenwoordig.
Breedteligging
• Breedteligging is die hoekafstand van ’n plek suid of noord van die ewenaar gemeet.
• Breedtelyne is denkbeeldige sirkels wat rondom die aarde in ’n oos-wes-rigting strek.
• Ons nommer die breedtelyn volgens die grootte van die hoek.
• Ons verdeel elke graad in 60 minute : '.
• Elke minuut word dan weer in sekondes verdeel : ".
Lengteligging
• Lengteligging is die hoekafstand van ’n plek oos of wes van die hoofmeridiaan, wat 0° is.
• Ons noem die hoofmeridiaan die Greenwich-meridiaan.
• Ons nommer die lengtelyn volgens die grootte van hierdie hoek.
• Soos breedtelyne, verdeel ons lengtelyne in grade, minute en sekondes.
Bepaling van presiese posisie op ’n topografiese kaart
• Trigonometriese stasie is ’n wit sementkolom met ’n swart metaalvin bo-op.
• ’n Kaart dui die presiese hoogte van ’n trigonometriese stasie aan.
Bepaling van ’n gebied
• By die bepaling van die ligging van ’n gebied eerder as ’n punt, moet jy die minuutvierkant
waarin dit is, opspoor.
• Benoem dan die vierkant deur die koördinate van sy boonste linkerhoek te gee.
• Dit is die noordwes-hoek.
2
, Soorte kaartskale
• Woordskaal : dit stel die skaal van die kaart in woorde.
• Verhoudingskaal : dit toon die skaal as ’n numeriese stelling in die vorm van ’n verhouding.
• Breukskaal : dit toon die skaal as ’n numeriese stelling in die vorm van ’n breuk.
• Lynskaal : dit is ’n reguit lyn op ’n kaart.
Hoe om afstand op ’n kaart te meet deur ’n skaal te gebruik
• Plaas ’n strook papier op die kaart sodat die rand die middel van Kaapstad sowel as van
Worcester kruis.
• Merk die middelpunt van Kaapstad sowel as van Worcester op die strook papier.
• Plaas die strook papier op die lynskaal op die kaartbladsy met die linkerkantse merk op 0 km
op die lynskaal.
• Skat dan die afstand van die regterkantse merk uit die waardes op die lynskaal.
3