GRAAD 12
FISIESE WETENSKAPPE (FISIKA & CHEMIE)
KWARTAAL OPSOMMINGS, HERSIENING, TOETSE,
DEPARTEMENTELE VRAESTELLE EN MEMORANDUMS
, 3.1 Vraestel 1: Fisika
Newton se Wette en Toepassing van Newton se Wette
(Hierdie gedeelte moet in samehang met die KABV, p. 72–77 gelees word.)
Verskillende tipes kragte: gewig, normaalkrag, wrywingskrag, toegepaste krag (stoot,
trek), spanning (toue of kabels)
Definieer normaalkrag, N, as die krag of komponent van 'n krag wat 'n oppervlak op 'n
voorwerp waarmee dit in kontak is, uitoefen en wat loodreg op die oppervlak is.
Definieer wrywingskrag, f, as die krag wat die beweging van 'n voorwerp teenwerk en
wat parallel met die oppervlak inwerk.
Definieer statiese wrywingskrag, fs, as die krag wat die neiging van beweging van 'n
stilstaande voorwerp relatief tot 'n oppervlak teenwerk.
Definieer kinetiese wrywingskrag, fk, as die krag wat die beweging van 'n bewegende
voorwerp relatief tot 'n oppervlak teenwerk.
Weet dat 'n wrywingskrag:
o Eweredig aan die normaalkrag is o
Onafhanklik van die kontakarea is
o Onafhanklik van die snelheid van beweging is
• Los probleme op deur gebruik te maak van f makss = μsN, waar f makss die maksimum
statiese wrywingskrag en μs die statiese wrywingskoëffisiënt is.
LET WEL:
• Indien 'n krag, F, wat op 'n voorwerp parallel aan die oppervlak toegepas is, nie die
voorwerp laat beweeg nie, is F in grootte gelyk aan die statiese wrywingskrag.
• Die statiese wrywingskrag is 'n maksimum (f makss ) net voordat die voorwerp op
die oppervlak begin beweeg.
Indien die toegepaste krag groter is as f makss , sal 'n resulterende (netto) krag
die voorwerp versnel.
Los probleme op deur gebruik te maak van fk = μkN, waar fk die kinetiese wrywingskrag
en μk die kinetiese wrywingskoëffisiënt is.
Kragtediagramme, vrye kragtediagramme/vrye liggaamdiagramme
Teken kragtediagramme.
Teken vrye kragtediagramme/vrye liggaamdiagramme. (Dit is 'n diagram wat die
relatiewe groottes en rigtings van kragte wat op 'n liggaam/deeltjie, wat van sy omgewing
geïsoleer is, inwerk.)
Ontbind 'n tweedimensionele krag (soos die gewig van 'n voorwerp op 'n skuinsvlak) in
sy parallelle (x) en loodregte (y) komponente.
Bepaal die resulterende/netto krag van twee of meer kragte.
Newton se eerste, tweede en derde bewegingswette
Skryf Newton se eerste bewegingswet neer: 'n Liggaam sal in sy toestand van rus of
beweging teen konstante snelheid volhard, tensy 'n nie-nul resulterende/netto krag
daarop inwerk.
Bespreek waarom dit belangrik is om veiligheidsgordels te dra deur Newton se eerste
bewegingswet te gebruik.
Skryf Newton se tweede bewegingswet neer: Wanneer 'n resulterende/netto krag op 'n
voorwerp inwerk, versnel die voorwerp in die rigting van die krag teen 'n versnelling direk
eweredig aan die krag en omgekeerd eweredig aan die massa van die voorwerp.
Teken kragtediagramme en vrye kragtediagramme/vrye liggaamdiagramme vir
voorwerpe wat in ewewig is of wat versnel.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief