AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word verskaf as antwoorde op die volgende vrae. Kies die
korrekte antwoord en skryf SLEGS die LETTER (A-D) langs die VRAAGNOMMER
(1.1.1-1.1.5) op jou antwoordblad, byvoorbeeld 1.1.6. D.
1.1.1 Watter van die volgende mikro-organismes tree op as ontbinders in die
ekosisteem?
(i) Bakterieë
(ii) Protiste
(iii) Fungi
(iv) Virusse
A (i) en (iii)
B (ii) en (iii)
C (i) en (iv)
D Al die bogenoemde
1.1.2 Malaria word versprei deur:
A Vroulike Anopheles muskiet
B Manlike Plasmodium
C Bloed oortappings
D Geen van die bogenoemde
1.1.3 Protiste is anders as bakterieë want hulle…
A fotosinteer altyd
B is eensellig
C verdeel deur binêre fissie/kernsplitting
D is eukarioties
1|Page www.summariessa.co.za Lewenswetenskappe
Graad 11 Maart Vraestel
, 1.1.4 Watter stelling hieronder beskryf die verhouding tussen parasiet en gasheer
die beste?
A Die parasiet word benadeel en die gasheer bevoordeel
B Die gasheer word benadeel en die parasiet bevoordeel
C Beide die parasiet en gasheer word bevoordeel
D Die parasiet word bevoordeel en die gasheer word nie beïnvloed nie
1.1.5 Die volgende stellings oor MIV is NIE waar nie:
(i) Sommige mense kan die virus hê sonder enige simptome.
(ii) Mens kan MIV kry deur muskietbyte
(iii) MIV kan versprei word van ma na kind gedurende geboorte
(iv) Die vroeë simptome van MIV is dieselfde as die van ander simptome
A (i) en (ii)
B (ii) en (iv)
C slegs (ii)
D Geen van die bogenoemde [5x2=10]
1.2 Gee die korrekte BIOLOGIESE TERM vir elk van die volgende beskrywings.
Skryf slegs die korrekte TERM langs die VRAAGNOMMER (1.2.1-1.2.4) op
jou antwoordblad.
1.2.1 ‘n Bakterium wat nie skadelik is nie maar nuttig is.
1.2.2 ‘n Virus wat ‘n bakterieë aanval.
1.2.3 Die sellulêre uitbreiding wat amoeba toelaat om te beweeg en prooi te vang.
1.2.4 Om lewende organismes te gebruik om populasies te beheer. (4)
1.2 Dui aan of elk van die stellings in KOLUM I van toepassing is op SLEGS A,
SLEGS B, BEIDE A en B of GEEN van die items in KOLOM II. Skryf SLEGS
A, SLEGS B, BEIDE A en B of GEEN langs die VRAAGNOMMER (1.3.1-
1.3.3).
Kolom I Kolom II
1.3.1 Aanwesigheid van ‘n slymkapsule A Bakterieë
& nukleus B Virusse
1.3.2 ‘n Siekte veroorsaak deur ‘n A Atleetvoet
fungus B Roes
1.3.3 Binêre kernsplitting is die A Bakterieë
aseksuele voortplanting van… B Protiste
[3x2=6]
AFDELING A: [20]
2|Page www.summariessa.co.za Lewenswetenskappe
Graad 11 Maart Vraestel