LW GRAAD 11 KWARTAAL 3
ONDERWERP 1:
GASWISSELING:
Noodsaaklikheid van gaswisseling:
• Hooffunksie – om O₂ uit atmosfeer op te neem en aan selle beskikbaar te stel.
• CO₂ word tydens selrespirasie deur selle vrygestel en moet verwyder word m.b.v.
gaswisseling.
Verskil tussen sellulȇre respirasie, asemhaling en gaswisseling:
Asemhaling – Die fisiese proses waardeur lug in en uit die longe beweeg.
Gaswisseling – Die uitruiling van suurstof (O2) en koolstofdioksied (CO2) oor ‘n
gaswisselingsoppervlak.
Sellulêre respirasie – ‘n Chemiese proses wat binne selle plaasvind waardeur
voedselmolekules soos glukose afgebreek word om energie vry te stel.
Vereistes vir doeltreffende gaswisselingsorgane:
• Moet groot wees – om O2 te voorsien en ontslae te raak van CO2.
• Moet dun wees–vinnige diffusie van gasse.
• Moet klam wees –verhoed dat selle uitdroog.
• Moet goed geventileerd wees –voorsiening van suurstof-bevattende lug te verseker,
en om koolstofdioksied-bevattende lug te verwyder.
• Moet goed beskerm wees – om uitdroging en skade te verhoed.
• Moet ‘n vervoersisteem hê – vir doeltreffende vervoer van gasse.
1
, LW GRAAD 11 KWARTAAL 3
MENSLIKE GASWISSELING
1. LUGGANGE
STRUKTUUR FUNKSIE
2 neusgate • Lug word deur neusgate ingeasem.
2 neusholtes • Uitgevoer met epiteel en bekerselle.
• Slym van bekerselle en silia - vang stof en kieme vas en vervoer dit na
buite; antisepties; hou holte klam (vogtig)
• Kapillêre bloedvate verwarm instromende lug.
Tragea • Lugpyp is aan voorkant van esofagus (slukderm) geleë.
• Aan bokant – larinks – huisves stembande (driehoekig – van kraakbeen)
• Aan bokant van larinks = epiglottis – sluit glottis gedurende slukproses.
• C-vormige kraakbeenringe beskerm tragea en hou dit oop sodat lug
maklik kan deurbeweeg.
Brongus / • Tragea vertak in linker- en regterbrongus.
Brongi • Word deur C-vormige kraakbeenringe oopgehou; is met slymvliese
(membrane) uitgevoer.
• In longe – brongi verdeel in kleiner takkies, verloor kraakbeen = brongioli
vorm.
Brongiolus / • Brongus verdeel in ‘n aantal takke = brongioli.
Brongioli • Gange is kleiner en nouer; het nie kraakbeenversterking nie.
• Elke brongiool eindig in infindibulum (longsakkie) wat uit groepies alveoli
(longblasies) bestaan.
Alveoli • Brongiole eindig in alveoli (longsakkies) wat optree as setel vir
gaswisseling.
• Vergroot oppervlak vir maksimum gaswisseling om plaas te vind.
• Het dun wande, bestaande uit plaveiselepiteel, wat diffusie van gasse
vergemaklik.
• Eeefselvloeistof hou wande van alveoli klam.
• Word omring deur ‘n netwerk kapillêre bloedvate.
2