100% satisfaction guarantee Immediately available after payment Both online and in PDF No strings attached 4.2 TrustPilot
logo-home
Summary

Summary Landbouwetenskap opsomming Graad 11 Kwartaal 1 CAPS

Rating
-
Sold
-
Pages
55
Uploaded on
04-04-2023
Written in
2022/2023

Basiese landbouchemie - Inleiding tot basiese chemie - Die periodieke tabel en elemente - Die algemene struktuur van 'n atoom - Sure en basisse - Chemiese binding - Inleiding tot anorganiese en organiese verbindings - Anorganiese verbindings - Organiese verbindings - Alkane en alkohole - Vetsure en lipiede - Proteiene - Koolhidrate Grondkunde - Grondtekstuur - Grondstruktuur - Grondkleur - Grondporiee - Grondlug - Grondwater - Grondtemperatuur Nuwe woorde

Show more Read less











Whoops! We can’t load your doc right now. Try again or contact support.

Document information

Uploaded on
April 4, 2023
Number of pages
55
Written in
2022/2023
Type
Summary

Content preview

Module 1: Basiese landbouchemie
Eenheid 1: Inleiding tot basiese chemie
Materie , atome en elemente
Alles in die heelal bestaan uit materie.

Materie bestaan oral rondom ons in vele vorme.

Dit bestaan uit klein partikels.

Die basiese eenheid van materie is die atoom.

Elemente bestaan uit atome.

‘n Element is die eenvoudigste vorm van ‘n stof.

‘n Element kan nie met chemiese metodes in eenvoudiger stowwe opgebreek word nie.

Al die atome in ‘n element is dieselfde.

Verskillende elemente het verskillende soorte atome.

Goud, yster, sink en koolstof is voorbeelde van elemente.

Die atome van een element verskil van die atome van ‘n ander element.

Goudatome verskil van sinkatome.

Wetenskaplikes het aan al die elemente simbole toegeken.

Au, Zn en C is byvoorbeeld chemies simbole vir die elemente goud, sink en koolstof.



Molekules, verbindings en mengsels
Atome verbind om groterr partikels te vorm wat molekules genoem word.
Die atome van ‘n molekule word bymekaargehou deur kragte wat bekend staan as chemiese bindings.
Molekules kan bestaan uit atome van dieselfde elemente of atome van verskillende elemente.
‘n Suurstofmolekule:




Suurstofatome

,‘n Koolstofdioksiedmolekule:




Suurstofatoom Koolstofatoom Suurstofatoom



Suurstof sowel as koolstofdioksied is molekules, maar koolstofdioksied is ook ‘n verbinding.
‘n Verbinding is ‘n stof wat uit twee of meer verskillende elemente bestaan.
‘n Watermolekule, wat uit twee atome waterstof en een atoom suurstof bestaan, is ook ‘n verbinding.
Mengsels bestaan uit verskillende elemente, molekules en verbindings.
Die elemente, molekules en verbindings in mengsels word nie chemies gebind nie.
Mengsels kan deur middel van fisiese metodes geskei word.



Periodieke tabel en isotope
Die periodieke tabel is ‘n kaart wat al die bekende elemente aantoon.
Die periodieke tabel gee inligting oor die struktuur en eienskappe van die atome van elke elemente.
Die elemente word op die periodieke tabel gerangskik volgens hul eienskappe.
Daar is tans 116 bekende elemente op die periodieke tabel, maar wetenskaplikes mag dalk in die toekoms
nog elemente ontdek.
Isotope is verskillende weergawes van ‘n element.
Die struktuur van die atome van ‘n isotoop verskil effens van die struktuur van ander atome van dieselfde
elemente.
Isotope is dikwels radio-aktief.
Radio-aktiewe atome stel vlae energie vry wat skadelik kan wees vir lewende wesens.



Eenheid 2: Die periodieke tabel en elemente
Organisasie van die elemente in die periodieke tabel:
1. Periodes en groepe
2. Metale en nie-metale
3. Hoofgroepe in die periodieke tabel

,Periodes en groepe
Wanneer jy die periodieke tabel bestudeer, moet jy op die volgende let:

• Die elemente is in horisontale rye gerangskik wat periodes genoem word. Die periodes bevat nie
almal dieselfde elemente nie.
• Elemente met soortgelyke eienskappe is in vertikale kolomme gerangskik wat groepe genoem
word.
• Elke element het ‘n nommer, ‘n naam en ‘n simbool.


Metale en nie-metale
Die elemente in die periodieke tabel is verdeel in metale en nie-metale.
Die elemente aan die linkerkant en in die middel van die periodieke tabel is metale.
Die nie-metale is aan die regterkant van die tabel, behalwe vir waterstof (H) wat bo aan die linkerkant van
die tabel voorkom.
Daar is ‘n sigsaglyn wat die metalloiedes toon.
Die metalloiedes is elemente wat eienskappe toon van sowel metale en nie-metale.
Baie van hierdie elemente is semi-geleiers.
Hulle is baie belangrik in die elektronikabedryf omdat hulle gebruik word om elektroniese onderdele soos
transistors te vervaardig.



Hoofgroepe in die periodieke tabel
Die alkali-metale is in Groep 1.
Hierdie elemente het soortgelyke eienskappe, maar soos wat jy in die groep afbeweeg, raak die elemente
meer reaktief.
Die nie-metale in Groep 17 word halogene genoem.
Hierdie elemente is baie reaktief.
Die elemente aan die regterkant van die tabel, in Groep 18, is baie onreaktief.
Hulle word edelgasse genoem.
Die oorgangsmetale is ‘n blok metale wat in Groep 3 tot 12 voorkom.
Hulle is harde, digte metale met baie gebruike in die alledaagse lewe.

, Eenheid 3: Die algemene struktuur van ‘n atoom
Partikels in ‘n atoom
Atome bestaan uit 3 soorte partikels:
1. Protone: het ‘n positiewe lading en kom in die kern van die atoom voor.
2. Neutrone: het geen lading nie en kom ook in die kern voor.
3. Elektrone: het ‘n negatiewe lading en vorm ‘n wolk rondom die kern.
Die positief-gelaaide protone en die negatiewe-gelaaide elektrone trek mekaar met ‘n elektriese krag.
Dit is hoekom die elektrone rondom die kern bly.
Die aantal elektrone is dieselfde as die aantal protone in die atoom van ‘n element.
Dit maak die atoom neutraal, met ander woorde, die atoom het geen algehele positiewe of negatiewe
lading nie.



Atoomgetal en die aantal partikels in die kern
Die kern van ‘n atoom bevat protone en neutrone.
Slegs die aantal protone hoef egter oorweeg te word wanneer ons dink aan die atoomgetal van ‘n element.
Elke element het ‘n ander aantal protone.
Jy kan aan die aantal protone in die kern dink as die identiteitsnommer van ‘n element.
Hierdie getal word die atoomgetal van ‘n element genoem.
Die atoomgetal van elke element word op die periodieke tabel aangedui.



Die vorming van ione
Atome is neutraal omdat die aantal elektrone dieselfd is as die aantal protone.
Die aantal protone in ‘n atoom kan nie verander nie, maar atome kan elektrone bykry of verloor.
As ‘n atoom ‘n elektron bykry of verloor, sal dit nie meer neutraal wees nie.
In plaas daarvan sal die atoom ‘n positiewe of negatiewe ladings he.
Gelaaide atome word ione genoem.
Ondat dat elektrone negatief gelaaide partikels is.
As ‘n atoom ‘n elektron verloor, verloor dit ‘n negatiewe lading.
Die atoom sal dan ‘n positiewe lading he, aangesien daar meer protone as elektrone in die atoom sal wees.
Positief gelaaide atome word katione genoem.
Elemente aan die linkerkant van die periodieke tabel vorm katione.
‘n Atoom wat elektrone bykry, word negatief gelaai omdat daar meer elektrone as protone in die atoom is.

Get to know the seller

Seller avatar
Reputation scores are based on the amount of documents a seller has sold for a fee and the reviews they have received for those documents. There are three levels: Bronze, Silver and Gold. The better the reputation, the more your can rely on the quality of the sellers work.
LeerNou
View profile
Follow You need to be logged in order to follow users or courses
Sold
80
Member since
5 year
Number of followers
57
Documents
35
Last sold
1 month ago
LeerNou!

Graad 8 opsommings

3,9

8 reviews

5
3
4
1
3
4
2
0
1
0

Recently viewed by you

Why students choose Stuvia

Created by fellow students, verified by reviews

Quality you can trust: written by students who passed their exams and reviewed by others who've used these notes.

Didn't get what you expected? Choose another document

No worries! You can immediately select a different document that better matches what you need.

Pay how you prefer, start learning right away

No subscription, no commitments. Pay the way you're used to via credit card or EFT and download your PDF document instantly.

Student with book image

“Bought, downloaded, and aced it. It really can be that simple.”

Alisha Student

Frequently asked questions