BESIGHEIDSTUDIES
GRAAD 12
NOVEMBEREKSAMEN
VRAESTEL 2
2026.
Hierdie dokument is saamgestel om Graad 12-leerders
sistematies te help voorberei vir die Nasionale Senior
Sertifikaat (NSC) Besigheidstudies November-eksamen
2026 – Vraestel 2.
Die inhoud is gebaseer op amptelike DBE- en SACAI-vraestelle van 2021–2025, asook op die NCC en EC-
eksamens, om seker te maak dat jy die mees volledige en betroubare antwoorde het wat by die jongste
eksamenvraestelstruktuur en memorandumriglyne pas.
Elke afdeling is saamgestel om jou te help verstaan hoe vrae in Vraestel 2 oor die jare herhaal en
aangepas is, en hoe jy jou antwoorde logies, volledig en bondig kan formuleer. Waar dieselfde vrae in
verskillende vraestelle voorkom, is hulle saamgevoeg om jou ’n duidelike, gekonsolideerde studiegids te
bied. Gebruik hierdie notas as ’n studiegids, nie as ’n plaasvervanger vir jou eie werk nie. Doen self die
berekeninge en voorbeeldvrae voordat jy die antwoorde lees – dit sal jou begrip verdiep en jou
voorbereiding verbeter.
Belangrik: Hierdie November-notas vorm deel van jou volledige voorbereiding vir die finale
Besigheidstudies-eksamen en moet saam met jou vorige studienotas gebruik word.
Waar vrae of inhoud uit vorige November-eksamens reeds in die Rekordeksamen Vraestel 2-notas
behandel is, is dit duidelik in hierdie notas aangedui. In sulke gevalle is die inhoud nie onnodig herhaal
nie. Jy moet die betrokke afdeling weer in jou Rekordeksamen-notas hersien.
Belangrik: Vir die November-eksamen moet jy steeds al jou werk van Termyn 1 tot Termyn 3 hersien,
insluitend die inhoud wat vir die Rekordeksamen geleer is.
Gebruik dus die volgende vir jou finale voorbereiding:
Termyn 1-notas + Termyn 2-notas + Termyn 3/Rekordeksamen-notas + hierdie November-notas
Indien jy nie van die vorige notas het nie, kontak .
Sterkte met jou voorbereiding vir die finale eksamen.
Juffrou Ansie
© 2026 Juffrou Ansie Study Notes. Alle regte voorbehou. Hierdie materiaal mag nie sonder skriftelike toestemming gereproduseer of versprei word nie. Kontak
, 2
INHOUD
Afdeling A: Besigheidsgeleenthede 4
Bestuur en leierskap 4
Belegging: versekering & Belegging: Sekuriteite/geleenthede 7
VERSEKERING 8
WERKLOOSHEID VERSEKERINGSFONDS (WVF) 13
BELEGGINGS 13
Vorme van Eienaarskap 16
AANBIEDINGE 19
Afdeling B: Besigheidsrolle 20
Etiek en professionaliteit 20
KREATIEWE DENKE EN PROBLEEMOPLOSSING 20
Maatskaplike Verantwoordelikheid en Korporatiewe Burgerskap Korporatiewe Maatskaplike
Verantwoordelikheid (KMV) en Korporatiewe Maatskaplike Belegging (KMB) 22
MENSEREGTE, INKLUSIVITEIT EN OMGEWINGSKWESSIES 23
Afdeling C: Opstelvrae 24
MAATSKAPLIKE VERANTWOORDELIKHEID, KMV EN KMI 25
BELEGGING: SEKURITEITE 27
Kortvrae
Beperkte aanspreeklikheid Verliese word beperk tot die bedrag wat die eienaar in die besigheid
belê het. Die eienaar se persoonlike bates word teen die skuld van die
besigheid beskerm. Van toepassing op maatskappye wat 'n aparte
entiteit/persoonlikheid het.
Onbeperkte Die aanspreeklikheid van die eienaar om skuld/eise te betaal is nie net
aanspreeklikheid tot die besigheid beperk nie. Daar kan beslag gelê word op die eienaar
se persoonlike bates om vir die skuld van die besigheid te betaal. Van
toepassing op 'n eenmansaak en vennootskap aangesien hulle nie 'n
aparte regsentiteit/persoonlikheid het nie.
Demokratiese leierskapstyl Werknemers word genooi om deel te wees van die
besluitnemingsproses
Outokratiese leierskapstyl Werknemers is nie by die besluitnemingsproses betrokke nie.
© 2026 Juffrou Ansie Study Notes. Alle regte voorbehou. Hierdie materiaal mag nie sonder skriftelike toestemming gereproduseer of versprei word nie. Kontak
, 3
Laissez-faire/Vrye teuel Die leier laat ervare en betroubare werknemers toe om besluite te
leierskapstyl neem in die nastrewing van die organisasie se doelwitte.
Charismatiese leierskapstyl Die leier gebruik charisma en sjarme om werknemers te beïnvloed.
Transaksionele Gebruik belonings en strawwe as aansporings om werknemers se
leierskapstyl gedrag te beïnvloed.
Leierskapteorieë Lei leiers oor die verskillende leierskap style wat toegepas of gebruik
kan word.
Situasionele In hierdie leierskapteorieë pas die leier verskillende leierskapstyle toe
leierskapteorieë na gelang van verskillende situasies
Transformasie- Beste geskik gedurende ’n tydperk van drastiese of radikale verandering
/oorgangsbestuur in ’n organisasie
Leierskapteorieë
Johannesburgse Die mark wat handel oor die koop en verkoop van aandele in
Aandelebeurs (JSE) genoteerde maatskappye.
Beleggers Die persone wat geld spaar met die verwagting om wins te maak.
Dividend 'n Bedrag geld wat 'n maatskappy uit sy winste aan sy aandeelhouers
betaal.
Korttermynbelegging Belegging vir minder as een jaar
Langtermyn belegging Die duur/tydperk van belegging is meer as drie jaar.
Likwidasie Die verkoop van die bates van 'n maatskappy om krediteure te betaal.
Rente Die bedrag geld wat beleggers verdien as opbrengs op/vergoeding vir
beleggings in bankdeposito's en lenings
Vaste koers Die rentekoers bly dieselfde vir die duur van die beleggingstydperk
Etiese gedrag Optree volgens 'n stel waardes wat moreel aanvaarbaar is in die
samelewing
Besigheidsetiek Die stel waardes van 'n besigheid, vertoon deur sy bestuurders en
werknemers. Hierdie waardes moet moreel aanvaarbaar wees deur die
samelewing, en binne vasgestelde besigheidskodes
Professionaliteit Beskryf die internasionaal aanvaarde standaarde en verwagtinge wat
besighede en die samelewing van mense se gedrag en vlakke van
bevoegdheid in die werkplek het. Dit is 'n breër konsep as etiek en sluit
aspekte soos voorkoms, gesindheid, lojaliteit, ens.
Korporatiewe bestuur Die uitoefening van etiese en effektiewe leierskap deur die individue
wat verantwoordelik is vir die bestuur van die besigheid. Daar word van
hulle verwag om goeie prestasie, effektiewe beheer, volhoubaarheid en
winsgewendheid te lewer.
Algemene Jaarvergadering 'n Vergadering van 'n maatskappy wat deur al die aandeelhouers
(AJV) bygewoon word wat een keer per jaar plaasvind.
© 2026 Juffrou Ansie Study Notes. Alle regte voorbehou. Hierdie materiaal mag nie sonder skriftelike toestemming gereproduseer of versprei word nie. Kontak