die vermoë van n individu of groep individue om volgelinge of ander lede van n organisasie te beinvloed en
te lei
leiers tree op in krisistye en kan kreatief dink en optree in moeilike situasies
Bestuur
n persoon word n bestuurder weens die posisie waarin hy aangestel is
bestuurders het mag a.g.v die gesagsposisie waar hulle aangestel is
LEIERSKAP BESTUUR
beinvloed menslike gedrag lei menslike gedrag
doen die regte dinge doen dinge reg
mensgeoriënteerd taakgeoriënteerd
Leierskapteorieë
Situasionele leierskapsteorie
n model wat se dat geen enkele leierskapstyl die beste is nie → beste leiers is diegene wat hul styl kan
aanpas by situasie
kan lei tot konflik wanneer leiers verskillende leierskapstyle gebruik
verskillende leierskapseienskappe is nodig vir verskillende situasies
verhoudings tussen leiers en werknemers is gebaseer op wedersydse vertroue en respek
leiers ontleed doelwitte om relevante leierskapstyl aan te neem
Leiers en volgelinge
spanne bereik goeie resultate wanneer daar begrip is tussen leier en span volgelinge
volgelinge luister na wat van hul verwag word en is bereid om as span te werk
volgelinge aanvaar maklik verantwoordelikheid wanneer iets nie uitwerk nie
leiers lei deur voorbeeld te stel en beloon positiewe gedrag
leiers motiveer werknemers om alternatiewe strategieë te ontwerp om doeltreffende maniere te vind om
beskikbare hulpbronne te gebruik
Transformasie teorie
aanmoedigend, inspirerend en motiverend wat help met vernuwing en die skep van veranderinge om
onderneming te laat groei
moedig volgelinge aan om nuwe geleenthede te ondersoek
leiers lei deur voorbeeld te stel en laat werkers belangstel in hul werks
geskik vir dinamiese omgewing waar verandering drasties kan wees
passie van leiers inspireer volgelinge om te werk aan gemeenskaplike doelwit