BEELDE: KI-gegenereer. Gebaseer op tipiese eksamenvrae Hierdie notas is saamgestel met behulp van vorige eksamenvraestelle:
WCED Hersieningsboekie 2025, 2026. @SACAI NOV 2022, 2023, 2024, 2025.
Belangrik:
Hierdie studienotas word jaarliks hersien en opgedateer om met die KABV-kurrikulum en
huidige eksamenvereistes ooreen te stem. Die inhoud is gebaseer op vorige
eksamenvraestelle, toetse en tipiese assesseringsvraagpatrone.
Die inhoud is aangepas en gestruktureer vir eksamenvoorbereidingsdoeleindes. KI-
hulpmiddels is gebruik om te help met formatering, herformulering en differensiasie.
Hierdie notas is ontwerp om leerders te help om:
• Sleutelbegrippe te verstaan
• Eksamenstylvrae te oefen
• Belangrike temas en patrone in assesserings te identifiseer
• Belangrike inhoud op ’n gestruktureerde manier te hersien
Om te verseker dat leerders met die mees relevante en opgedateerde inhoud werk, word
ouers en leerders aangemoedig om te bevestig dat hulle die nuutste weergawe van die
notas gebruik. Indien jy onseker is of jy die nuutste weergawe het, kontak my gerus by:
© 2026 Juffrou Ansie Study Notes. Alle regte voorbehou. Hierdie materiaal mag nie sonder skriftelike toestemming gereproduseer of versprei word
nie. Kontak
, 2
Let asseblief daarop dat hierdie notas saamgestel is as ’n gestruktureerde
studiehulpmiddel vir eksamenvoorbereiding. Dit vervang nie die voorgeskrewe handboek of
klasonderrig nie.
Belangrik: Leerders kan die Kwartaal 3-notas gebruik vir gefokusde Kwartaal 3-
voorbereiding. Waar van toepassing, word dit ook aanbeveel dat leerders Kwartaal 1- en
Kwartaal 2-notas saam met die Kwartaal 3-notas hersien.
Sterkte
Juffrou Ansie
INHOUD
Geskiedenis van lewe op aarde 4
Biosfeer tot Ekosisteme 16
Biome in Suid-Afrika 20
• Omgewing 21
• Ekosisteme 25
• Energievloei en trofiese vlakke (voedselkettings, voedselwebbe) 30
• Siklusse 34
Biodiversiteit en Klassifikasie 40
• Vyf koninkrykstelsel 41
• Binomiale naamgewing (Linnaeus) 44
• Gebruik van Latynse name 46
• Verskil tussen prokariote en eukariote 47
Heide, Proteas, Groepe plante en diere wat in die fynbosbioom aangetref word
Geometriese skilpad,
Kaapse suikerbekkie
Aardverwarming ʼn Styging in die gemiddelde temperatuur van die Aarde
Ontbossing Die verwydering van bome uit ʼn spesifieke gebied
Spoorfossiele ’n Tipe fossiel wat tekens of merke toon van organismes wat vroeër
gelewe het bv. voetspore
© 2026 Juffrou Ansie Study Notes. Alle regte voorbehou. Hierdie materiaal mag nie sonder skriftelike toestemming gereproduseer of versprei word
nie. Kontak
, 3
Paleontoloog ’n Wetenskaplike wat fossiele studeer
Pangea Die superkontinent wat bestaan uit al die vastelande wat
saamgevoeg is
Plaattektoniek Die teorie dat die plate van die aardkors oor gesmelte rots beweeg.
Atmosfeer Die luglaag wat die aarde omring en wat bestaan uit 'n mengsel van
gasse, bv. stikstof, suurstof en koolstofdioksied.
Litosfeer Verwys na die buitenste oppervlak van die aarde, die aardkors nl. die
grond en rotse.
Hidrosfeer Is die gekombineerde massas water wat in, onder en op die
oppervlak van die aarde voorkom. Die hidrosfeer sluit oseane,
riviere, mere, ens. in. Die water in die liggame kan varswater of
soutwater wees
‘n Bioom ‘n Bioom is 'n spesifieke fisiese omgewing wat gewoonlik oor 'n
groot geografiese gebied strek.
TWEE SOORTE BIOME
1. Terrestriële biome (fynbos, woud, grasvelde, savanne,
ruigteveld, Nama Karoo, sukkulente-Karoo en woestyn.)
2. Akwatiese biome (water: varswater en mariene (soutwater)
biome.)
‘n Ekosisteem ‘n Ekosisteem is 'n spesifieke gebied, bv. 'n dam, 'n woud ens. wat
bestaan uit verskillende lewende organismes (biotiese komponente)
wat met mekaar en hul nie-lewende omgewing saamwerk (abiotiese
komponente
Abiotiese faktore • Fisiografiese faktore – aspek, helling en hoogte bo seevlak
• Edafiese (grond) faktore – pH, humusinhoud, grondtekstuur,
waterhouvermoë en grondlug
• Lig – daglengte en seisoenale veranderinge
• Temperatuur– effek van dag / nag en seisoene
• Water – watersiklus en die belangrikheid van vleilande
• Atmosferiese gasse
• Wind
Ektoterme diere Ektoterme diere (visse, amfibieë, reptiele) raak onaktief tydens koue
wintertemperature
Bladwisselende bome Bladwisselende bome verloor hul blare in die herfs om fotosintese
en groei te beperk.
© 2026 Juffrou Ansie Study Notes. Alle regte voorbehou. Hierdie materiaal mag nie sonder skriftelike toestemming gereproduseer of versprei word
nie. Kontak
, 4
Infiltrasie Sommige water filtreer deur die boonste lae van die grond na die
watertafel. Hierdie proses waartydens water deur die grond
opgeneem word, staan bekend as infiltrasie.
Denitrifikasie Die proses waartydens stikstofgas terug in die atmosfeer vrygestel
word.
Biogeografie Die studie van die verspreiding van spesies en ekosisteem in
geografiese areas en deur geologiese tyd.
Wieg van die Plek waar meeste hominiedfossiele fossiele gevind is.
Mensdom
Fynbos Hierdie bioom word deur winterreënval en die teenwoordigheid van
Protea spesies gekenmerk
Geskiedenis van lewe op aarde
Bewyse vir kontinentale drywing
Wetenskaplikes gebruik fossiele as bewys dat die kontinente eens verbind was.
Voorbeelde:
• Lystrosaurus-fossiele wat in Afrika, Indië en Antarktika gevind is.
• Mesosaurus-fossiele wat in Suid-Amerika en Afrika gevind is.
• Glossopteris-plantfossiele is op verskeie suidelike kontinente gevind.
• Soortgelyke fossiele op verskillende kontinente ondersteun die teorie van kontinentale
drywing en die bestaan van Pangea.
Bewyse wat gebruik is om die aarde se
geskiedenis te rekonstrueer
Wetenskaplikes gebruik:
• Fossiele
• Gesteentelae (strata)
• Radiometriese datering
• Geologiese tydskaal
Hierdie help om te bepaal:
• Die ouderdom van fossiele
• Toe organismes geleef het
• Hoe die lewe oor tyd verander het.
__________________________________________________________________________________
Fossiele is die stille getuies van die veranderinge wat oor miljoene jare plaas-gevind het. @SACAI
NOV 2022
Hierdie is die bekende fossiel van Archaeopteryx. Dit word as ’n oorgangsfossiel beskou.
© 2026 Juffrou Ansie Study Notes. Alle regte voorbehou. Hierdie materiaal mag nie sonder skriftelike toestemming gereproduseer of versprei word
nie. Kontak