Daarom
My profiel
is ‘n spieëlskrikker,
my vel ‘n dermatoloog se droom,
my arms en bene misliklank in die pad,
my bolip se dons bleek.
Tussen meisies: die groot krater.
Daarom antwoord ek nie
met my deurslaanstem nie,
kruip ek eerder onder my kuif
(ononderhandelbaar) weg
en oefen ek agteraf
my afsakbroek-stap.
Daarom bid ek die tyd om.
Intussen donder ek deure toe.
Ilna Stander
Daarom "om dié rede" – bied dus 'n
verduideliking
Skakel met die eerste woord in die
tweede strofe (wat inderdaad as 'n
tipe "voegwoord" tussen die twee
strofes funksioneer)
Word ook in die laaste versreël
van die tweede strofe herhaal
(HOEKOM?- Beklemtoon dit!)
Word in die laaste strofe (wat
slegs uit een treffende versreël
bestaan) deur die bywoord
"intussen" opgevolg: "gedurende
die tyd dat die (bo)genoemde
handeling(e) plaasvind of
My profiel
is ‘n spieëlskrikker,
my vel ‘n dermatoloog se droom,
my arms en bene misliklank in die pad,
my bolip se dons bleek.
Tussen meisies: die groot krater.
Daarom antwoord ek nie
met my deurslaanstem nie,
kruip ek eerder onder my kuif
(ononderhandelbaar) weg
en oefen ek agteraf
my afsakbroek-stap.
Daarom bid ek die tyd om.
Intussen donder ek deure toe.
Ilna Stander
Daarom "om dié rede" – bied dus 'n
verduideliking
Skakel met die eerste woord in die
tweede strofe (wat inderdaad as 'n
tipe "voegwoord" tussen die twee
strofes funksioneer)
Word ook in die laaste versreël
van die tweede strofe herhaal
(HOEKOM?- Beklemtoon dit!)
Word in die laaste strofe (wat
slegs uit een treffende versreël
bestaan) deur die bywoord
"intussen" opgevolg: "gedurende
die tyd dat die (bo)genoemde
handeling(e) plaasvind of