1. Waarom beskryf Greg die huis in Sandhurst as ’n “skemeragtige plek”? (1)
2. Noem een klank wat soms die stilte in die huis verbreek. (1)
3. Kies die korrekte antwoord: Greg het Lawson College verlaat …
A aan die einde van matriek.
B in die middel van sy matriekjaar.
C ná eerstejaar.
D voor graad 11. (1)
4. Watter kunswerk neem Greg obsessief waar in sy kamer, en hoekom resoneer dit met hom? (2)
5. “Jy kan van ’n huis weghardloop, maar nie van skuld nie.” Verduidelik kortliks hoe hierdie stelling
Greg se innerlike konflik opsom. (2)
6. Noem twee avontuuraktiwiteite wat Greg en John vroeë r saam gedoen het. (2)
7. Wat onthou Greg van sy ma se rouproses wat haar versigtige uiterlike deurpriem? Noem een beeld of
handeling. (1)
8. Kies die korrekte antwoord: Greg se pa se sogenaamde “vriende” …
A steun die gesin publiek.
B vermy die gesin.
C daag daagliks met blomme op.
D skryf briewe van verskoning. (1)
9. Wat impliseer die verwysing na die “derde dood” oor John se nagedagtenis? (2)
10. Gee een rede waarom Greg sy ma styf vashou wanneer sy erken “almal vir wie ek lief is word van
my af weggeneem”. (1)
11. Sê of die stelling waar of onwaar is en motiveer: Greg blameer net die media vir die huis se stilte. (2)
12. Hoekom is Greg se kyk in die spieë l belangrik vir karakterisering? Verwys na twee beskrywings. (2)
MEMO Vraag 1: Scream
1. Omdat die huis deur rou en skande oorheers word; ’n plek van half-donker en stilte. (1)
2. ’n Lui/selfoon; ’n motor in die straat; ’n sjef wat kook (enige een). (1)
3. B – in die middel van sy matriekjaar. (1)
4. Conrad Botes-selfportret uit The Temptation to Exist; resoneer met sy harde, getraumatiseerde
self/identiteitsworsteling. (2)
5. Hy kan fisies weggaan, maar skuld bly by hom—innerlike konflik kan nie ontvlug word nie. (2)
6. Bungee (Orlando Towers/Bloukrans) é n groot swaai by Moses Mabhida. (2)
7. Sy sluit huis toe en skree; haar silkgown/naakte voete/handdruk/soen op sy hand (enige een konkrete beeld). (1)
8. B – hulle vermy die gesin. (1)
9. As mense hom vergeet, “sterf ” John die derde dood; John vervaag tot ’n skadu. (2)
10. Om haar te troos/vas te hou teen die vrees dat sy almal verloor. (1)
11. Onwaar – die stilte kom uit rou, skande, vermyding; nie net die media nie. (2)
12. Sy “verharde” gesig en droefheid/bitterheid wys trauma en karakterverandering. (2)