Tyd: 1 ½ URE
Punte: 100
Graad: 11
Vak: BESIGHEIDSTUDIES
Vraestel: 1
Naam en Van:
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek VYF hoofonderwerpe.
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Bestaan uit DRIE vrae.
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling.
AFDELING C: Bestaan uit TWEE vrae.
Beantwoord enige EEN van twee vrae in hierdie afdeling.
2. Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en let op wat vereis word.
Let daarop dat SLEGS die eerste TWEE vrae in AFDELING B en die EERSTE vrae
in AFDELING C nagesien sal word.
3. Nommer die antwoorde noukeurig volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word. Geen punte sal toegeken word vir verkeerd genommerde
antwoorde nie.
4. Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne geskryf
word.
5. Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte van 'n
antwoord te bepaal.
Bl www.summariessa.co.za Opsteller: DAN SMI
Graad: 11 Vak: Besigheidstudies Datum: SEPT 2025
, 6. Gebruik die tabel hieronder as 'n riglyn vir nasien en tydtoedeling wanneer elke
vraag beantwoord word.
AFDELING A VRAAG PUNTE TYD
A: KORTVRAE - VERPLIGTEND 1 20 15
2 20
B: DRIE direkte/indirekte tipe vrae
3 20 2 x 20
KEUSE: Beantwoord enige TWEE
4 20
C: TWEE opsteltipe vrae 5 40
45
KEUSE: Beantwoord enige EEN. 6 40
TOTAAL 100 90 MIN
7. Begin die antwoord op ELKE vraag op 'n NUWE bladsy, bv. VRAAG 1 – nuwe
bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy.
8. Jy mag 'n nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.
9. Skryf netjies en leesbaar
Hoofonderwerpe in hierdie vraestel
• Entre[reneuriese eienskappe
• Burgerskap en verantwoordelikhede
• Verander ’n besigheidsplan in ’n aksieplan
• Begin ’n onderneming gebasseer op ’n aksieplan
• Aanbied van besigheidsinligting
Bl www.summariessa.co.za Opsteller: DAN SMI
Graad: 11 Vak: Besigheidstudies Datum: SEPT 2025
, AFDELING A (VERPLIGTEND )
VRAAG 1
1.1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (AD) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.6 D.
1.1.1 Watter van die volgende visuele hulpmiddels is die mees geskik om data of statistiek
duidelik voor te stel?
A. Grafiek
B. Kaart
C. Plakkaat
D. Prente
1.1.2 In watter scenario sal ’n brosjure die mees geskikte wees om te gebruik?
A. Verkoopsyfers te vertoon
B. Werknemer afwesighede aan te teken
C. Om ’n nuwe produk te adverteer
D. Om wetenskaplike proefresultate aan te bied
1.1.3 ’n .. is ’n gedetaileerde plan wat alle aktiwiteite met ’n tydraamwerk omskryf.
A besigheidsplan
B aksieplan
C plan van aksie
D werksplan
1.1.4 ’n ... is ’n geskrewe stel vrae wat gebruik word om inligting, menings of data van verbruikers
te versamel.
A onderhoud
B opname
C navorsingsvoorstel
D vraelys
Bl www.summariessa.co.za Opsteller: DAN SMI
Graad: 11 Vak: Besigheidstudies Datum: SEPT 2025