100% satisfaction guarantee Immediately available after payment Both online and in PDF No strings attached 4,6 TrustPilot
logo-home
Summary

Summary Ken & Verstaan Landbouwetenskappe Graad 10 Kwartaal 3

Rating
-
Sold
-
Pages
77
Uploaded on
14-08-2025
Written in
2024/2025

Opsommings uit die Ken & Verstaan Landbouwetenskappe Graad 10 handboek Onderwerpe: Verwering van gesteentes, Grondvormingsfaktore, Dierestudies

Institution
10th Grade











Whoops! We can’t load your doc right now. Try again or contact support.

Written for

Document information

Summarized whole book?
Yes
Uploaded on
August 14, 2025
Number of pages
77
Written in
2024/2025
Type
Summary

Subjects

Content preview

Monya Le Hanie

,KWARTAAL 3:

Module 4: Grondkunde

Eenheid 4: Verwering van rotse

Sleutelwoorde:

Splete Smal openinge wat gevorm word wanneer iets splits.
Eksfoliasie In lae afgeskil.
Ariede Droë en dorre
Ontlading Opheffing van druk op rotse, wat veroorsaak dat hulle kraak.
Hidrolise Chemiese afbreek van ‘n samestelling a.g.v. die reaksie daarvan met water.
Hidrasie Proses waar ‘n chemiese verbinding met water gevorm word.
Oksidasie Proses waar ‘n stof met suurstof verbind.
Metaboliese prosesse Chemiese prosesse deur lewende organismes uitgevoer.


1. Die konsep: Verwering van gesteentes
 Verwering is die afbreek van rotse wat op die Aarde se oppervlak aan die weer blootgestel is.
 Rotse word in kleiner en kleiner deeltjies afgebreek as gevolg van die uitwerking van die weer,
soos wind en reën.
 Hierdie deeltjies skuif nie na ’n nuwe plek nie; hulle breek eenvoudig af en bly op dieselfde plek.
 Verwering kom die algemeenste voor waar onbedekte rots met die atmosfeer in aanraking is.
 Dit kan egter duisende meter laer in die aardkors voorkom waar krake, splete en mikroskopiese
openinge is wat water laat binnedring

2. Die verskillende soorte verwering
 Verwering is fisies (meganies), chemies of biologies.

2.1. Fisiese verwering
 Fisiese verwering is ‘n proses wat moedergesteentes of primêre minerale binne die aarde laat
opbreek en disintegreer.
 In hoë-reënvalgebiede word verwering deur die volgende veroorsaak:
o Erosie
o Aktiwiteite van plante en diere
o Wind
o Temperatuurveranderinge
o Bevogtiging deur water, uitdroging, vries-aksies, val-aksies, branders in die see
o Watervalle

, 2.2. Chemiese verwering
 Verskillende vorme van chemiese verwering:
Hidrolise  Wanneer ‘n mineraal soos veldspaat of mika met water reageer, vorm ‘n nuwe
mineraal wat sagter is en makliker verweer.
 Kaolien is bv. sagter en kalium word vrygestel en is beskikbaar as ‘n belangrike
voedingstof vir plante.

Hidrasie  Water word tussen die plate van die kleikolloïed geabsorbeer, wat dit sagter maak
en makliker laat verweer.
 Dit word ook groter, wat dit makliker maak om te verweer.
 Die kleikolloïed word meer poreus.
 Rooi hematiet verander in geel limoniet.

Oplossing  Vloeistof verdeel die vaste materiaal in onafhanklike, opgeloste ione.
 Die ione word deur water omring.
 Party komponente van gesteentes kan maklik oplos en uitgeloog word.
 Die gesteente kan uitmekaarval of fragmenteer.

Karbonasie  Karbonasie is die reaksie van ‘n verbinding met koolsuur.
 Die koolstofdioksied los in die grondvog op om koolsuur te vorm, wat dissosieer of
opbreek.
 Die koolsuur reageer veral met gesteentes wat kalk bevat om oplosbare
bikarbonaat te vorm.

Oksidasie  Oksidasie is die verwydering van ‘n elektron van ‘n chemiese element of die
chemiese binding van suurstof met ‘n verbinding.
 Wanneer yster deur hidrolise in ‘n aërobiese atmosfeer vrygestel word, word dit
vinnig geoksideer en word dit rooi.
 Biotiet in graniet verander ook van ‘n witgrys na ‘n gelerige roeskleur.
 Auqite in olderiet verander van swart na ‘n rooibruin kleur.

Reduksie  Reduksie word in grondsoorte waargeneem slegs wanneer organiese materiaal en
mikro-organismes teenwoordig is.
 Dit vind plaas waar suurstofvlakke laag is.
 Die minerale word meer oplosbaar en minder stabiel en ontbind maklik.
 Mangaan en ysterverbindings is voorbeelde van minerale wat gereduseer kan
word.
 Yster word tydens reduksie grysblou a.g.v. ‘n gebrek aan suurstof.

, 2.3. Biologiese verwering
 Biologiese verwering speel ‘n belangrike rol in grondvorming.
 Tydens biologiese verwering veroorsaak lewende organismes soos plante en diere dat
gesteentes ontbind of opbreek.

Plante  Plante en boomwortels kan hulle weg vind in die barste van ‘n gesteente, dit
wegdwing van mekaar af en uiteindelik veroorsaak dat dit breek.
 Party plante gee organiese sure af wat rotsminerale chemies kan afbreek.

Diere  Mikro- en makro-grondorganismes en selfs plaasdiere is verantwoordelik vir ‘n mate
van biologiese verwering van gesteentes wanneer hulle in die grond grawe of oor die
grondoppervlak beweeg.

Ligene  Party ligene sal hulself aan die oppervlak van ‘n gesteente anker en dit chemies of
fisies verweer.
 Dit kan óf verskillende organiese sure vrystel wat rotsminerale afbreek óf in die porieë
en krake van die gesteente ingroei en dit kwesbaar maak vir fraktuur.

Get to know the seller

Seller avatar
Reputation scores are based on the amount of documents a seller has sold for a fee and the reviews they have received for those documents. There are three levels: Bronze, Silver and Gold. The better the reputation, the more your can rely on the quality of the sellers work.
monyalehanie Vanderbijlpark Hoërskool, Vanderbijlpark, Gauteng
View profile
Follow You need to be logged in order to follow users or courses
Sold
10
Member since
5 year
Number of followers
6
Documents
12
Last sold
11 months ago

5,0

5 reviews

5
5
4
0
3
0
2
0
1
0

Recently viewed by you

Why students choose Stuvia

Created by fellow students, verified by reviews

Quality you can trust: written by students who passed their exams and reviewed by others who've used these notes.

Didn't get what you expected? Choose another document

No worries! You can immediately select a different document that better matches what you need.

Pay how you prefer, start learning right away

No subscription, no commitments. Pay the way you're used to via credit card or EFT and download your PDF document instantly.

Student with book image

“Bought, downloaded, and aced it. It really can be that simple.”

Alisha Student

Frequently asked questions