Graad 10
Opsommings/Notas
(Kwartaal 3/4)
, 1) BIOSFEER TOT EKOSISTEME
Biosfeer:
• Deel van die aarde waar alle lewende organismes voorkom.
Komponente van die biosfeer:
1. Hidrosfeer: • Sluit al die water aangetref op Aarde in.
• Funksie - Voorsien habitat vir mariene (seewater) en varswater-organismes.
2. Litosfeer • Buitenste kors van die aardoppervlak
• Grond- en rotslaag wat die vastelande op Aarde se oppervlak vorm.
• Funksie – voorsien habitat vir grond-organismes.
3. Atmosfeer
• Gemengde gas-laag wat die aarde omring.
• Funksie – absorbeer ultraviolet straling en beskerm lewe op aarde; verminder
temperatuurverskille.
BIOME:
Terminologie:
• Biome = geografiese streke met eenderse klimaat en plantegroeisoorte.
• Ekosisteem = bepaalde gebied waar alle lewende organismes op mekaar en op abiotiese
faktore inwerk.
• Habitat = plek waar ‘n organisme leef.
• Nis = spesifieke leefstyl wat ‘n organisme in ‘n spesifieke plek uitvoer.
• Biodiversiteit = aantal verskillende spesies wat ‘n sekere ekosisteem bewoon.
, Fynbos – bioom
KLIMAAT - Koel, nat winters (winterreënval) en warm, droë somers.
GRONDSOORT - Sanderig, suur en nie vrugbaar nie.
PLANTEGROEI - Immergroen struike met harde blare (proteas, riete); Min bome en grasse;
DIERELEWE - Grysbok, steenbok, skilpad, ystervark, luiperd, bobbejaan; suikervoëls