LEWENSVAARDIGHEDE
PERSOONLIKE EN SOSIALE
WELSTAND
PLATINUM HANDBOEK
KWARTAAL OPSOMMINGS (4 KWARTALE)
OEFEN TOETSE & VRAESTELLE
,
, KWARTAAL 1
PERSOONLIKE EN SOSIALE WELSTAND
, PLATINUM - LEWENSVAARDIGHEDE | GRAAD 4 | KWARTAAL 1
HOOFSTUK 1 - PERSOONLIKE STERKPUNTE
Spesiaal: Om beter of anders as ander te wees.
Sterk punt: Waarin ek uitblink.
Oefen: Om dieselfde ding ‘n paar keer oor te doen om beter te word daarin.
Verbeter: Om beter te word in iets.
WAARIN EK UITBLINK
• Almal is in hulle eie manier spesiaal.
• Almal van ons is goed in verskillende dinge.
• Elke persoon blink uit in iets, maar is dalk nie so goed in ander dinge nie. Bv. Iemand kan dalk vinnig
hardloop, maar nie ‘n bal goed skop nie of iemand kan nie goed lees nie maar kan baie lekker kos
maak. • Ons kan ons sterkpunte gebruik om te oefen om die dinge waarin ons nog nie so goed is nie
te verbeter. Jy kan dit doen deur te oefen.
EK WORD ‘N BETER MENS DEUR WIE EK IS
Elke persoon blink uit in iets, maar is dalk nie so goed in ander dinge nie. Bv. Iemand kan dalk vinnig
hardloop, maar nie ‘n bal goed skop nie of iemand kan nie goed lees nie maar kan baie lekker kos
maak.
HOOFSTUK 2 – RESPEK VIR JOU EIE LIGGAAM EN ANDER MENSE S’N.
Collage: ‘n Versameling prente of woorde oor een onderwerp of idee wat op papier of karton geplak
is. Rangskik: Om goed in ‘n netjiese, mooi of vereiste volgorde te plaas.
Verslaaf: Afhanklik van of misbruik van iets.
VERSORGING VAN JOU LIGGAAM
• Jy moet jou eie liggaam versorg
• Jy het goeie kos nodig om gesond en sterk te word.
• Jy het oefening nodig om fiks en sterk te bly.
• Jy moet elke dag skoon water drink.
• Jy moet elke aand genoeg slaap kry.
• Jou liggaam moet skoon wees.
WAAROM JY JOU EIE LIGGAAM EN ANDER S’N MOET RESPEKTEER
• Jou liggaam moet versorg en gerespekteer word.
• Jou liggaam groei nog en benodig goeie kos, water, oefening, genoeg slaap en moet skoon gehou
word om goed te kan groei.
• Jou liggaam moet beskerm word teen skade wat ander mense aanrig en giftige stowwe waaraan jy
verslaaf kan raak bv. rook.
• Ander mense se liggame is privaat. Jy moet dit respekteer en onder geen omstandighede iemand
anders skade aan doen nie.
• Moenie maats wees met mense wat jou nie respekteer nie.
• Moenie iemand anders slaan of seermaak nie.