Boekmerk – Marlise Joubert
1 kinders
2 met wange soos mossies
3 wat teen elke oggend stoei
4 hande altyd woerende vlerke
5 elke lyfie ʼn seilende gesang –
6 vlak bo die waterspieël
7 van ʼn klipvloergang
8 vlytig stort die druppels klank
9 oor haar uit totdat sy verbaas
10 die reuk van bittersoet jasmyn
11 uit haar skooljare proe
12 waar sy ook kon mor
13 en protesteer:
14 waarom is alles altyd ver
15 waarom is alles altyd hier
16 waarom moet ek leer
17 van optel aftrek deel
18 van dooie digters
19 uit die toentertyd
20 en watter land sit waar
21 en waarom draai die son
22 toe maak sy die dag weer oor –
23 met elke skoolklok werk sy
24 namens mossiekind:
25 kom ons pars die die wind
26 met wange soos soldaatjies
27 totdat elkeen net die geur
28 van jasmyn kan boekmerk
29 teen die onheil van ons
30 ellelange reis
Bookmark
1 kinders
2 met wange soos mossies
3 wat teen elke oggend stoei
4 hande altyd woerende vlerke
5 elke lyfie ʼn seilende gesang –
6 vlak bo die waterspieël
7 van ʼn klipvloergang
8 vlytig stort die druppels klank
9 oor haar uit totdat sy verbaas
10 die reuk van bittersoet jasmyn
11 uit haar skooljare proe
12 waar sy ook kon mor
13 en protesteer:
14 waarom is alles altyd ver
15 waarom is alles altyd hier
16 waarom moet ek leer
17 van optel aftrek deel
18 van dooie digters
19 uit die toentertyd
20 en watter land sit waar
21 en waarom draai die son
22 toe maak sy die dag weer oor –
23 met elke skoolklok werk sy
24 namens mossiekind:
25 kom ons pars die die wind
26 met wange soos soldaatjies
27 totdat elkeen net die geur
28 van jasmyn kan boekmerk
29 teen die onheil van ons
30 ellelange reis
Bookmark