VRAAG 1
1.1 Shelley werk by die restourant om geld te spaar vir universiteit.
Haar koers is: R45 per hour + tips. Sy werk 2.25 ure elke Dinsdag en Donderdag en 8 ure
oor naweke.
1.1.1 Herlei 2.25 ure na ure en minute. (2)
1.1.2 Wat word bedoel deur ‘n “tip”? (2)
1.1.3 Bepaal haar weeklikse loon SONDER tips. (4)
1.1.4 Watter tipe verhouding word voorgestel deur haar uurlikse loon? (2)
1.2 Shelley bepaal dat haar tips met 10% toeneem elke uur wat sy werk en met ongeveer R50
per uur begin gedurende die week. Oor naweke maak sy ongeveer R680 deur tips.
1.2.1 Bepaal haar totale tips vir ‘n weeksaand (Dinsdag of Donderdag). (2)
1.2.2 Bereken die gemiddelde tip per uur oor naweke. (2)
1.2.3 Watter tipe verhouding word voorgestel deur haar tips? (2)
[16]
VRAAG 2
1|Page www.summariessa.co.za Wiskude Geletterdheid
Graad 11 Maart Vraestel
, Shelley verkoop kolwyntjies op Vrydae by die skool. Sy gebruik die volgende resep:
Bestandele
1 koppie wit suiker
0.5 koppie botter
2 eiers
2 teelepels vanielje
1.5 koppie meel
1 teelepel bakpoeier
0.5 koppie melk
Metode
1. Voorverhit die oond tot 350 grade
2. Meng al die droë bestandele in ‘n bak
3. Voeg die melk, eiers en botter by
4. Klits goed
5. Bak 20-25 minute
2.1.1 Hoeveel ml is in een koppie? (2)
2.1.2 Indien die resep 12 kolwyntjies maak, hoeveel eiers gaan sy benodig om 100
te maak? (2)
2.1.3 Sal sy genoeg eiers hê as sy 4 dosyn koop? (2)
2.1.4 Die 350 grade is in Fahrenheit, maar haar oond is in Celsius.
Herlei die grade deur die volgende formule te gebruik: (2)
°C = (°F - 32) × 5/9
2.1.5 Hoe lank sal dit haar neem (ure en minute) om100 kolwyntjies te bak indien
sy 3 panne van 12 elk het. (4)
2.2 Die kolwyntjies kos R2,12 om te maak. Sy verkoop hul vir R5,00.
2.2.1 Bepaal haar wins op een kolwyntjie. (2)
2.2.2 Bepaal haar wins op 100 kolwyntjies. (2)
[16]
VRAAG 3
2|Page www.summariessa.co.za Wiskude Geletterdheid
Graad 11 Maart Vraestel