OPSOMMINGS
Geskryf deur ‘n matriek wat ander wil help hoofstuk vir hoofstuk
https://slidetodoc.com/presentation_image_h/f4fab14a146e91e8efe72bea8b23d98b/
image-2.jpg
, Geografie Graad 12
Middelbreedtesiklone.
Belangrike terme om te onthou vir die kort vrae:
Middelbreedtesikone is ‘n laagdruksel wat in die middelbreedtes ontwikkel en van wes
na oos beweeg
Konvergeer beteken bymekaar kom.
Coriolis-krag is die krag wat die defleksie van bewegende voorwerpe veroorsaak as
gevolg van die rotering van die aarde om sy eie as; dit is die grootste by die pole en die
kleinste by die ewenaar.
Deflekteer beteken om weg te draai of te veroorsaak dat iets wegdraai (swenk)
Lugdrukgordels is gordels van hoë of lae druk wat die aarde by sekere breedtegrade
omring, bv die ekwatoriale laagdrukgordel by die ewenaar.
Lugmassas is ‘n enorme massa lug, wat oor honderde kilometers strek, met soortgelyke
temperature en humiditeit.
Die poolfront is ‘n sone waar die koue poollugmassa en warm, tropiese lugmassas
ontmoet.
Die straalstroom is ‘n gordel met baie sterk westewinde hoog bo in die atmosfeer
(9000m+) wat die ontwikkeling van middelbreedtesiklone gedeeltelik beheer.
Die koue front is die grenssone tussen ‘n koue lugmassa en ‘n warm lugmssa. Winde in
die koue sektor waai teen die koue front aan.
Die koue sektor is die gebied op die aardoppervlak in ‘n middelbreedte sikloon wat deur
koue lug beïnvloed word.
Die warm front is die grenssone tussen ‘n warm lugmassa en ‘n koue lugmassa. Winde in
die warm sektor waai teen die warm front aan.
Die warm sektor is die gebied op die aardoppervlak in ‘n middelbreedtesikloon wat deur
koue lug beïnvloed word.
Krimping is die antikloksgewyse windrigtingsverandering, bv noord na noorwes.
Ruiming is die kloksgewyse windrigtigsverandering, bv suid na suidwes.
‘n Okklussie is ‘n laat stadium in die ontwikkeling van ‘n middelbreedtesikloon waar die
koue front aan die agterkant van die leidende warm front inhaal, die warm lug van die
grond oplig, en die koue lug aan die voorkant van die warm front ontmoet.
Die kouefront-okklussie is ‘n okklussie waar die koue lug wat verbysteek, kouer is as die
koue lug wat ingehaal word.
Die warmfront-okklussie is ‘n okklussie war die koue lug wat verbysteek, warmer is as die
koue lug wat ingehaal word.
1) WAT IS DIE ALGEMENE KENMERKE VAN ‘N MIDDELBREEDTESIKLOON?