in die roman voorkom.Die motiewe inDie
Driehoekige Sirkelis as volg:
•Die sirkel en driehoek gedagte.
Die liefdesdriehoek tussen Caro, Steve en Marcia wat in die verlede
afgespeel het enCaro, Steyn en Salome in die hede.Die sirkel verwys na
die insig wat Caro kry oor diekeuses wat sy uitgeoefen het, die invloed
wat dit op haar lewe gehad het en die besefdat sy ook verantwoordelik
is vir haar dade.Wanneer sy tot dié besef kom en Steve endie
gemeenskap vergewe, word sy verlos van die sirkel van verwyt,
vergelding en diegevoel van verontregting.
•Caro se drawwery
Caro het a.g.v. haar drawwery en beter eetgewoontes baie gewig verloor wat
daartoebydra dat haar selfbeeld baie verbeter het.Die drawwery is ook
simbolies dat syprobeer weghardloop van die verlede en al die pyn wat sy
daar ervaar het.As sy draf,ervaar sy kalmte in haar gemoed.
BOODSKAP
Die boodskap is die praktiese lewenslesse wat die roman die leser wil
leer.Dieboodskappe inDie Driehoekige Sirkelis as volg:
•Eerlikheid is belangrik in alle verhoudings.
•Vergelding bring nie geluk nie.Ter wille van jouself is dit beter om te
vergewe enaan te gaan met jou lewe.
, •Rassisme is onaanvaarbaar en veroorsaak konflik.Dit tas ook mense
semenswaardigheid aan.
•Geld en besittings bring nie geluk nie.
•Misplaaste waardes lei tot persoonlike en sosiale wanverhoudings en
geestelikerykdom word dikwels misgekyk.Caro kry eers later die insig
dat haar ouers searmoede nie haar menswaardigheid aangetas het nie.
•Geld wat stom is, maak reg wat krom is.Caro word deur Steve se pa
betaal omdie dorp te verlaat sodat sy familie nie die skande hoef te
beleef nie.
•‘n Liefdesverhouding kan net gebou word op eerlikheid en wedersydse
vertroue(Caro en Steyn) en nie op leuens en geheime nie (Steve en
Marcia)
Die titel bevat ‘n oksimoron omdat daar twee
teenstrydige sake langs mekaar gestelword.In
hierdie roman is daar van twee driehoeke ter
sprake:
•Caro–Steve–Marcia
•Caro–Steyn–Salome
Die sirkel verwys na die insig wat Caro kry oor die keuses wat sy
uitgeoefen het, dieinvloed wat dit op haar lewe gehad het en die
besef dat sy ook verantwoordelik is virhaar dade.Wanneer sy tot
dié besef kom en Steve en die gemeenskap vergewe, wordsy
verlos van die sirkel van verwyt, vergelding en die gevoel van
verontregting.