Geografie graad 11 kwartaal 1 opsommings:
Energiebalans van die aarde:
Eenheid 1: Oneweredige verhitting van die atmosfeer:
Die aarde word verhit deur inkomende sonstraling of insolasie. Die aarde
dra dan hierdie hitte-energie oor na die atmosfeer.
1.1 Breedtegraad:
Insolasie is die hoogste by die ewenaar, dus is dit baie warm daar. Insolasie
daal noord en suid vanaf die ewenaar na die pole by breedtegraad 90°N en
90°S.
,1.2 Die belangrikheid van die as van die aarde en die omwenteling
rondom die son:
Verhitting van die aarde en sy atmosfeer is nie regdeur die jaar dieselfde nie.
Dit is warmer in die somer as in die winter. Die seisoenale variasies in
verhitting word deur die as van die aarde en die omwenteling van die aarde
rondom die son veroorsaak.
Die as van die aarde:
Die aarde draai om ń denkbeeldige as wat deur die Noordpool en Suidpool
gaan. Die aarde voltooi een rotasie om sy as elke 24 uur. Vir n deel van die
24 uur wys die aarde na die son en ontvang dit insolasie – dit is dan dag. Vir
,die res van die 24 uur wys die aarde weg van die son en ontvang dit geen
insolasie nie - dit is dan nag
Wanneer die aarde om sy as draai (een keer elke 24 uur), ervaar elke plek op
aarde beide dag en nag. Die helfte van die aarde wat na die son wys, het
dag, en die ander helfte het nag.
Die aarde se as lê skuins. Wanneer die Noordelike Halfrond na die son wys,
ervaar dit meer dag as nag (somer), terwyl die Suidelike Halfrond meer nag
as dag ervaar (winter). By die ewenaar is dag en nag ewe lank.
Die gebied tussen die Noordpoolsirkel en die Noordpool ervaar heeltyd dag
(die son sak nie). Die gebied tussen die Suidpoolsirkel en die Suidpool ervaar
heeltyd nag (die son kom nie op nie) Die aarde beweeg in ’n wentelbaan
rondom die son en neem ongeveer 365¼ dae (een jaar) om een
omwenteling te voltooi. Terwyl die aarde om die son draai, ervaar
verskillende dele van die wêreld verskillende seisoene.
In die Suidelike Halfrond val Midsomerdag op 21 Desember
(somersonstilstand) wanneer dae lank en nagte kort is en ons die meeste
insolasie ontvang.
Van Desember tot Maart beweeg ons van somer na herfs en die dae word
korter. Op 21 Maart is dit herfs-nagewening wanneer dag en nag ewe lank is.
Van Maart tot Junie beweeg ons na winter, die dae word nog korter en ons
ontvang minder insolasie. Midwinterdag val op 21 Junie (wintersonstilstand).
Van Junie tot September beweeg ons na lente. Op 23 September is dit lente-
nagewening wanneer dag en nag weer ewe lank is.
Hoofstuk 2: Globale lugsirkulasie:
Eenheid 3: Atmosferiese druk
3.1: Oneweredige verhitting en globale lugsirkulasie:
Die son voorsien die aarde van hitte-energie, maar dit word nie eweredig
versprei nie. Dit is die warmste by die ewenaar en die temperatuur daal na
die pole toe. Hierdie temperatuurverskille veroorsaak verskille in
atmosferiese druk, wat lugbewegings (vertikaal en horisontaal) veroorsaak.
Hierdie lugbewegings vorm die globale lugsirkulasie.
3.2: Globale drukgordels:
, Atmosferiese druk is die gewig van die lug op die aarde se oppervlak.
Temperatuur beïnvloed atmosferiese druk:
Wanneer dit warm is, sit lug uit en styg, wat ’n laagdrukgebied vorm. Lug
vloei na hierdie gebied (konvergensie), wat verdere stygende lug veroorsaak.
Wanneer dit koud is, trek lug saam en daal, wat ’n hoogdrukgebied vorm. Die
lug beweeg dan uitwaarts (divergensie).
Hoe die wêreld se drukgordel veroorsaak word:
By die ewenaar (0°) styg warm lug en vorm die Ekwatoriale
laedrukgordel, ook genoem die Intertropiese Konvergensiesone
(ITKS). Die stygende lug koel af, versprei na die pole en begin by
ongeveer 30° N en 30° S daal. Dit vorm die subtropiese
hoëdrukgordels.
By die pole daal koue lug en vorm polêre hoëdrukgordels. By
ongeveer 60° N en 60° S ontmoet koue polêre lug warm lug, wat
opstyg en die subpolêre laedrukgordels vorm.
Hierdie sirkulasie vorm drie selle in elke halfrond:
Hadley-sel (0°–30°)
Ferrel-sel (30°–60°)
Polêre sel (60°–90°)