Mense is afhanklik van die omgewing vir oorlewing
Mens se gedrag en manier waarop mense die omgewing behandel, is in ‘n
direkte verhouding tot die oorlewing van die mensdom.
Die omgewing is in ‘n krisis a.g.v. die impak wat die mens daarop het.
Ons het die natuur so misbruik dat die omgewing nou druk uitoefen in
reaksie op ons wanbestuur van hulpbronne.
Oorsake en gevolge van menslike impak op omgewing
Atmosfeer en klimaat verander
Beskikbaarheid van water
Watergehalte
Verlies van biodiversiteit
Voedselsekuriteit
Wegdoening van soliede afval
Die atmosfeer en klimaatsverandering
Koolstofdioksiedemissies
- CO2 word in die natuur hersirkuleer tussen sellulere respirasie, fotosintese en
ontbinding
- CO2 is ‘n kweekhuisgas wat die warmte van die lug affekteer
- Brand van fossielbrandstowwe stel CO2 vry
- Afsaag van woude = minder plante neem CO2 op
“Koolstofvoetspoor” (Carbon footprint)
- Die koolstofdioksied wat inidividue in die lug vrystel as gevolg van hulle
aktiwiteite.
- Daar bestaan ‘n behoefte om koolstofvoetspoor te verminder
Ontbossing
, Dit is die permanente verwydering van bosse en bome.
Oorsake van ontbossing
1. Verstedeliking
2. Landbou
3. Hout vir brandstof
4. Timmerhout
5. Mineraalontginning
6. Traditionele geneesmiddels
Gevolge van ontbossing
1. Gronderosie
2. Vloede
3. Verlies aan biodiversiteit
4. Ontwrigting van watersiklus
5. Aardverwarming
Kweekhuiseffek
- Die atmosfeer is deurlatend vir sigbare lig
- Die meeste stralingsenergie word deur die aardoppervlak geabsorbeer en in
hitte-energie omgeskakel wat die aarde verhit
- Sommige hitte-energie word na atmosfeer uitgestraal en raak verlore in die
ruimte
- Kweekhuisgasse absorber hierdie strale (infrarooistrale) en word na
aardoppervlak en atmosfeer teruggekaats
- Die teruggekaatste strale verhit die atmosfeer bokant die aarde
- Kweekhuiseffek verwys dus na effek wanneer stralingsenergie vasgevang
word in glaspanele van kweekhuisgasse en hitte binne hou
Kweekhuisgasse
1. Waterdamp
2. Koolstofdioksied
3. Metaan
4. Oppervlak-osoon