FISIKA VERDUIDELIKINGS VOLGENS SAGS
KINEMATIKA:
Vektor: Fisiese hoeveelheid wat beide grootte en rigting het
Skalaar: Fisiese hoeveelheid wat slegs grootte het
Resulterende vektor: Die enkele vektor wat dieselfde effek het as die oorspronklike vektore
wat saam inwerk
Afstand: Die lengte van ‘n pad afgelê
Verplasing: ‘n Verandering in posisie
Spoed: Die tempo waarteen afstand verander
Snelheid: Die tempo waarteen posisie verander
Versnelling: Die tempo waarteen snelheid verander
KINEMATIKA: Bewegings grafieke
1) Posisie-tyd grafiek
• Helling = spoed / snelheid
• Positiewe rigting = opwaarts (ongeag bo of onder x-as)
• Negatiewe rigting = afwaarts (ongeag bo of onder x-as)
• X-as = verwysingspunt (“zero-punt”)
• Verandering van rigting = grafiek verander fisies van rigting
• Verskillende tipe bewegings:
konstante spoed vinniger stadiger
© Saamgestel deur Tineke Swanepoel, m.b.v E-skool notas, klaswerk, vraestelle en SAGS
,2) Snelheid-tyd grafiek
• Helling = versnelling
• X-as = waar vw se spoed/snelheid = 0m.s-1. Vw staan dus stil.
• Verandering van rigting = grafiek kruis x-as
• Oppervlakte onder grafiek = verplasing (vektor) of afstand (skalaar)
• Verskillende tipe bewegings:
konstante spoed vinniger stadiger
3) Versnelling-tyd grafiek
• X-as = waar vw se versnelling = 0m.s-2. Vw staan dus stil OF beweeg teen
konstante spoed/snelheid.
• Jy kan NIE op versnelling-tyd-grafiek sien waar vw van rigting verander NIE.
Oppervlakte onder grafiek = snelheid
• Gemiddelde spoed = 𝑡𝑜𝑡𝑎𝑙𝑒 𝑎𝑓𝑠𝑡𝑎𝑛𝑑
𝑡𝑜𝑡𝑎𝑙𝑒 𝑡𝑦𝑑
• Gemiddelde snelheid = 𝑡𝑜𝑡𝑎𝑙𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑝𝑙𝑎𝑠𝑖𝑛𝑔
𝑡𝑜𝑡𝑎𝑙𝑒 𝑡𝑦𝑑
Om ‘n beweging te beskryf:
- Rigting van beweging
- Konstante snelheid/versnelling + rigting van snelheid/versnelling
Liggaam wat eenvormig versnel:
- Snelheid neem met dieselfde hoeveelheid toe in gelyke tydsintervalle
Konstante spoed:
- Oombliklike snelheid = selfde as spoed
𝑣𝑓−𝑣𝑖
a= 𝑡
PROJEKTIELE BEWEGING:
BY MAKS H:
- Vf = 0
- snelheid-tyd grafiek sny x-as
- posisie tyd grafiek draai om
IN VRYVAL: a = 9,8 AF

, KRAGTE en NEWTON SE WETTE
Gewig: Die gravitasiekrag wat die aarde uitoefen op ‘n voorwerp op of naby sy oppervlakte
Fg = mg
Normaalkrag: Die loodregte krag uitgeoefen deur ‘n oppervlakte op ‘n voorwerp wat
daarmee in kontak is
o Horisontale beweging op ‘n horisontale vlak: Fn = Fg
o Voorwerp word getrek op ‘n horisontale vlak: Fn = Fg – Ty
o Voorwerp word gestoot op horisontale vlak: Fn = Fg + Fy
o Voorwerp beweeg op skuins oppervlakte: Fn = Fgcos 𝜃
Wrywingskrag: Die krag wat die beweging van ‘n voorwerp teenstaan en parallel aan die
oppervlak inwerk waarmee die voorwerp in kontak is
Wrywingskrag
• Statiese wrywingskrag
o Die formule fsmax = 𝝁FN mag slegs gebruik word in die situasie:
“voorwerp staan net-net stil” of “voorwerp is op die punt om te
beweeg”.
o In enige ander situasie moet wrywing uit die vektordiagram of
vektorsom bereken word.
• Kinetiese wrywing is altyd kleiner as statiese wrywing, en μK < μS.
o Wat is die invloed van ‘n vergrootte helling van ‘n skuinsvlak op die grootte van die
wrywingskrag wat op die voorwerp inwerk?
- Fk verlaag
- Uit die formule fk = ukFn is fk direk eweredig aan Fn waar uk konstant is
- Fn = fgcos𝜃; Fn is direk eweredig aan cos𝜃 en cos𝜃 verlaag as die hoek vergroot
- Dus neem Fk af
o Dit word waargeneem dat die wrywingskrag tussen B en C nie konstant bly nie.
Verklaar hierdie waarneming volledig.
- Hoek tussen horisontaal en tou vergroot
- Fk = ukFn en Fn = fg – fy
- Fy = Tsin𝜃
- Indien hoek vergroot sal Fy vergroot en dus fk afneem
o Gestel ‘n trekkrag verwyder word sodat blokke nou vrylik beweeg, sal die
wrywingskrag toeneem, afneem of dieselfde bly?
- Afneem
- Uit die formule fk = ukFn waar uk konstant is en Fn = Fg = mg
- Sal Fn vir p kleiner wees want die massa van p is kleiner en g is konstant