, Inhoudsopgawe
Kunsvorm 1 : Dans ........................................................................................................................ 2
Onderwerp 1 : Dansuitvoering ...................................................................................................... 2
Onderwerp 2 : Dansimprovisasie en komposisie .......................................................................... 4
Kunsvorm 2 : Drama ...................................................................................................................... 5
Onderwerp 1 : Vaardigheidsontwikkeling ..................................................................................... 5
Onderwerp 2 : Die skepping van ‘n toneelstuk ............................................................................. 7
Onderwerp 2 : Drama-elemente ................................................................................................... 9
Onderwerp 5 : Loopbane (uitvoerende kunstenaars) ................................................................. 10
Kunsvorm 3 : Musiek .................................................................................................................. 11
Onderwerp 1 : Musiekgeletterdheid ............................................................................................ 11
Onderwerp 2 : Musiekbeluistering .............................................................................................. 12
Onderwerp 3 : Uitvoering en musiekskepping ............................................................................ 14
Kunsvorm 4 : Visuele Kunste ..................................................................................................... 15
Onderwerp 1 : Skep in 2D (teken) .............................................................................................. 15
Onderwerp 3 : Visuele geletterdheid (plaaslike kunshandwerk) ................................................. 16
Onderwerp 1 : Skep in 2D (skilder) ............................................................................................ 17
Onderwerp 2 : Skep in 3D (papierbeeld) .................................................................................... 18
Onderwerp 3 : Visuele geletterdheid (3D beeldhouwerk) ........................................................... 19
1
, Kunsvorm 1 : Dans
ONDERWERP 1 : DANSUITVOERING
Danskonvensies
Wat gebeur in ’n dansklas?
• Daar is konvensies en reëls in ’n dansklas sodat die klas gladweg kan verloop.
• Dit word ’n gedragskode genoem en dit is vir die hele jaar geldig.
Hoe om vir klas aan te trek
• Dit is belangrik om klas toe te kom met klere waarin jy kan beweeg en dans.
• Verskillende dansstyle vereis verskillende uitrustings.
Hoe om die klas binne te kom en dit te verlaat
• Wanneer jy die klas binnekom, moet jy stil wees en jou dansklere vinnig aantrek.
• Jou dansonderwyser sal vir jou ’n formele inkom- en uitgaangroet leer.
Hoe om die ruimte in die dansstudio te gebruik
• Jy sal leer om lyne, sirkels en diagonale te vorm, met ’n maat of in groepe.
• Jy deel die dansruimte met ander en jy moet weet om dit stil en sonder stampe te doen.
Beheermaatreëls en gedragskode
• ‘n Beheermaatreël kan ‘n instruksie soos “Vorm lyne” of “Huppel na die hoek toe” wees.
• Die hele klas moet hierdie instruksies vinnig en stil volg.
Postuur en liggaamslyn
Goeie postuur
• Jy sal die spiere in jou bolyf moet versterk om die manier waarop jy staan te verbeter.
Liggaamslyn
• Liggaamslyn beteken om die kop, oë, arms, bene en bolyf te koördineer dat alles saamwerk.
• Jou liggaamslyn sal verbeter namate jou koördinasie verbeter.
Musikaliteit
• Die tempo : spoed van die musiek.
• Die maatslag : hoofpolsslag van die musiek.
Opwarming
• Opwarming van jou spiere verhoed dat jy seerkry.
• Jou spiere het suurstof nodig om te beweeg.
• Dit verbeter jou konsentrasie en fokus vir die dag.
2