Opstel
‘n Onvergeetlike dag
My ma is ‘n vreeslike vinnige persoon as dit kom by werk uitdink en doen. Sy
onderskat ook dikwels baie van die werkies. Wat vir haar maklik lyk is gewoonlik
onsettend moeilik. Die teenoorgestelde is ook waar. Wat moeilik lyk is soms net
eenvoudig verskriklik maklik.
My pa, ja wel, hy is andersom aanmekaar gesit. Hy laat baie dinge maklik lyk maar
as hy aandui dat dit moeilik is, dan is dit gewoonlik so. Partykeer dink ek dat hy my
net om die bos lei sodat ek werk sal doen wat nie is soos dit voorgegee word nie.
Soos op die spesifieke dag.
My ma dink dat omdat sy iets vining kan doen, kan ek en my pa ook net vining iets
doen. Dit was een van die redenasies, die ander natuurlik was my pa wat sê dit sou
‘n “maklike” werkie wees.
Ek en my ouers is avontuurlustig, super verveeld en slim as dit by Saterdag se
tuinwerk kom. Partykeer raak ons kreatief. Ek ruk die plante uit, pa maak netjies en
help my ma dan dieselfde plante, nou net kleiner gekap, weer oor plant. Hierdie dag
was heeltemal anders.
My ma hang lakens op en vra:”Kan julle nie hierdie boom vining uithaal nie? Ek wil
nie weer die goed was, omdat ‘n paar voëls besluit het om strepe en kolle te los,
nadat hulle geëet het nie.” My pa se antwoord:”Kom, dit sal maklik wees.”
Dit was in drie dele opgedeel. Takke afsny, takke wegry en die stomp. Takke afsny
was seker die maklike deel. Vra my pa, want ek was die een wat die moeilike taak
gekry het om die takke se val te beheer met ‘n tou. Dalk nie die wasgoedlyn nie,
maar hier en daar was die groentetuin verwoes.
Met die laaste tak het my pa geskree:”Trek!” Ek het getrek, maar net, bietjie te hard.
Die tak val toe en tref my amper raak, seker net 5 cm spasie tussen my gesig en die
heel boonste blaar. Ek help my ma weer daarna vining en gaan later terug na my
pa. Ek sien my pa sit met albei sy bene in die gat wat hy om die stomp gegrou het.
Eers toe sien ek die netwerk van wortels wat my begroet wat skrik vir niks.