DEEL 1: SKRYFVAARDIGHEDE
VRAAG 1
1.1. Kyk na die volgende notas van ’n student en besluit hoe jy hierdie inligting in die
bibliografie van ’n opstel sou insluit. | Look at the following notes from a student and decide how
you would add the information to the bibliography of an essay.
NOTAS:
S. Miller / B.D. Kriel / D. Henry
Titel van bron: Die ontwikkeling van Afrikaans
2018
Uitgewer = Naledi (Pretoria)
APA-styl:
Miller, S., Kriel, B. D., & Henry, D. (2018). Die ontwikkeling van Afrikaans. Pretoria: Naledi.
Harvard-styl:
Miller, S., Kriel, B.D. and Henry, D., 2018. Die ontwikkeling van Afrikaans. Pretoria: Naledi.
VRAAG 2
2.1. Parafraseer die volgende teks (TEKS A) in twee Afrikaanse sinne. | Paraphrase the following
text (TEKS A) in two Afrikaans sentences.
Ons kommunikeer nie slegs deur woorde nie, maar gebruik ook klanke, gebare en liggaamstaal om
ons boodskappe aan te vul of selfs te vervang. Volgens Anderson (2006) maak verbale
kommunikasie staat op klank en tempo, terwyl nieverbale kommunikasie ander sintuie soos sig en
tas insluit.