100% tevredenheidsgarantie Direct beschikbaar na je betaling Lees online óf als PDF Geen vaste maandelijkse kosten 4,6 TrustPilot
logo-home
College aantekeningen

SEMESTER 2 2019 VRAE EN ANTWOORDE

Beoordeling
-
Verkocht
-
Pagina's
31
Geüpload op
15-11-2019
Geschreven in
2019/2020

SEMESTER 2 2019 OPDRAG 1 & 2 SE VRAE EN ANTWOORDE

Instelling
Vak











Oeps! We kunnen je document nu niet laden. Probeer het nog eens of neem contact op met support.

Geschreven voor

Instelling
Vak

Documentinformatie

Geüpload op
15 november 2019
Aantal pagina's
31
Geschreven in
2019/2020
Type
College aantekeningen
Docent(en)
Onbekend
Bevat
Alle colleges

Onderwerpen

Voorbeeld van de inhoud

AFK1502/201/2/2019




Studiebrief 201/2/2019
Basiese Teksvaardighede

AFK1502
Semester 2

Departement Afrikaans & Algemene
Literatuurwetenskap



Hierdie studiebrief bevat belangrike inligting oor
werkopdragte

, AFK1502/201/2/2019


Beste student

In die eerste plek wil ons jou van harte welkom heet by die module Basiese teksvaardighede. Ons sien daarna uit om
met jou in interaksie te tree oor hierdie baie interessante afdeling van taalgebruik wat daarop gemik is om jou
vaardighede in die skryf van Afrikaanse saaklike (nieliterêre) tekste te verbeter.

Vanweë die baie kort onderrigtyd wat beskikbaar is binne die semesterstelsel, is hierdie studiebrief besonder
omvangryk. Dit bevat naamlik alle terugvoer op jou werk en ook toeligting vir die eksamen. Die volgende vier afdelings
word in hierdie studiebrief uiteengesit:

1. Kommentaar op Werkopdrag 1
2. Kommentaar op Werkopdrag 2
3. Antwoorde en terugvoer op die Aktiwiteite in die studiegids
4. Eksamentoeligting

Dit is in jou eie belang om die studiebrief deeglik te bestudeer, sodat jy verstaan hoekom jy soms punte verbeur het,
en vasstel of jy op die regte spoor is met die voltooiing van die aktiwiteite. In die semesterstelsel is die eksamen altyd
net om die draai. Hierdie studiebrief gaan jou baie help met jou voorbereiding vir die eksamen.

Jy het dalk agtergekom dat die gebruik van ’n verklarende Afrikaanse woordeboek baie nuttig is by die beantwoording
van sekere vrae. As jy nie ’n Afrikaanse verklarende woordeboek besit nie, kan jy toegang kry tot ’n eksemplaar by
enige plaaslike openbare biblioteek of skoolbiblioteek. Miskien sien jy kans om jou eie kopie aan te koop; ’n goeie
woordeboek is ’n belegging vir ’n leeftyd. Of miskien kan jy jou werkgewer oortuig dat ’n Afrikaanse verklarende
woordeboek in die kantoor nie ’n oorbodige luukse is nie!

Ons wens jou voorspoed toe met jou studie van die module Basiese teksvaardighede. Jy is welkom om ons te laat weet
wat jou ervaring van hierdie module was; terugvoer van studente stel ons in staat om die module te bly verbeter en
aan te pas by praktykbehoeftes.


1. BESPREKING VAN WERKOPDRAG 1 (Semester 2)

Let wel: Vraag 1‐5 is gebaseer op die onderstaande teksfragment. Lees dit aandagtig deur en beantwoord dan die vrae
wat daaroor gestel word.

In die Kersseisoen is almal van ons op soek na bekostigbare maar duursame geskenke. Digitaal Direk het tans talle
spesiale aanbiedings op elektroniese toerusting om dit vir jou makliker te maak. Kyk gerus op ons webwerf na ons wye
verskeidenheid kameras, rekenaars en rekenaartoebehore, televisieskerms en selfone. Jou geliefdes sal baie in hulle
skik wees met ’n geskenk uit ons aanlyn katalogus; dit sal hulle drome laat waar word. Ons produkte se gehalte is net
die beste, en soos jy weet is ons diens voortreflik. Vermy die kopseer van Kersinkope en plaas jou aanlyn bestelling voor
15 Desember vir ’n spesiale Kersafslag van 10% op jou bestelling!


1. Watter een van onderstaande opsies bevat SLEGS referensiële aspekte van die boodskap?

[1] Digitaal Direk se diens is voortreflik en bestellings geplaas voor 15 Desember kry 10% afslag.
[2] Digitaal Direk verkoop elektroniese toerusting en die gehalte daarvan is net die beste.
[3] Digitaal Direk het ’n aanlyn katalogus en ontvangers van geskenke se drome sal bewaarheid word.
[4] Digitaal Direk verkoop elektroniese toerusting wat via hulle webwerf bestel kan word.

Die referensiële boodskap van ’n teks is die feitelike deel daarvan wat objektief is en wat gekontroleer of
geverifieer kan word. In antwoord [1] is die diens wat “voortreflik” is, ’n blote aanspraak; so ook die “gehalte”
wat “net die beste” sou wees in opsie [2]. Die drome wat bewaarheid sal word in opsie 3 is ’n nog ooglopender
2

, AFK1502/201




aanspraak – hoe sal ’n handelaar in elektroniese goedere enigsins op hoogte wees van die drome van moontlike
internetklante? Die korrekte antwoord is dus opsie 4: ’n mens kan gaan kontroleer of die maatskappy (of die
webwerf) bestaan en of jy daar bestellings kan plaas (Studiegids, bladsy 20).

2. Watter een van die onderstaande stellings beskryf die relasionele aspek van die boodskap in die teksfragment
die beste?

[1] Die skrywer se houding is outoritêr en die ontvanger word soos ’n kind behandel.
[2] Die skrywer sien die ontvanger as sy gelyke wat familiêr en informeel benader word.
[3] Die skrywer sien die ontvanger as sy gelyke wat afstandelik en formeel benader word.
[4] Die skrywer se houding is onderdanig en die ontvanger word met die uiterste respek benader.

Die relasionele aspek van die boodskap het te make met die verhouding (dink aan Eng. relationship) tussen die
skrywer en leser in hierdie teks. Daar is altyd blyke van ’n sekere verhouding wat die skrywer daarstel deur die
toon, register of woordkeuse wat die skrywer of sender kies. Frases soos “almal van ons” en “soos jy weet” skep
’n vertroulikheid asof ons vriende of kennisse sou wees, wat versterk word deur die informele aanspreekvorm
“jy”. Daar is geen sprake van outoritêre gedrag nie, wat opsie [1] uitskakel; die benadering is nie afstandelik en
informeel nie, en ook nie onderdanig en uiters respekvol nie. Die korrekte antwoord is dus opsie [2] (Studiegids,
bladsy 21–22).

3. Watter van die onderstaande opsies verteenwoordig ’n aanspraak?

[1] Jou geliefdes sal baie in hulle skik wees met ’n geskenk uit ons aanlyn katalogus.
[2] Digitaal Direk het tans talle spesiale aanbiedings op elektroniese toerusting.
[3] Plaas jou bestelling voor 15 Desember vir ’n spesiale Kersafslag van 10% op jou bestelling!
[4] Kyk gerus op ons webwerf na ons wye verskeidenheid kameras, rekenaars en rekenaartoebehore,
televisieskerms en selfone.

Soos reeds genoem in die bespreking van vraag 1, is daar heelwat aansprake (stellings wat iets voorspel wat nog
moet plaasvind, of wat nie gekontroleer of geverifieer kan word nie) in hierdie teksfragment. Dit is
waar/kontroleerbaar dat daar spesiale aanbiedings beskikbaar is (opsie [2]); ook dat mens 10% korting kry as jy
voor 15 Desember bestel en dat jy op die webwerf kan gaan kyk na die beskikbare items. Die korrekte antwoord
is dus opsie [1]: die handelaar kan nie bewys dat jou geliefdes “baie in hulle skik” sal wees met die geskenk nie
(jou pa verafsku dalk elektronika!). Opsie [1] is dus die korrekte antwoord (Studiegids, bladsy 11–14).

4. Die frase Plaas jou aanlyn bestelling voor 15 Desember vir ’n spesiale Kersafslag van 10% op jou bestelling vorm
deel van die teksfragment se ... boodskap.

[1] relasionele
[2] appellerende
[3] ekspressiewe
[4] instruktiewe

Die appellerende boodskap van ’n teks het te make met dít wat die sender of skrywer wil hê die ontvanger moet
doen – watter handeling of optrede word verwag van die leser? Dit is duidelik dat die sender nie net wil hê dat
die ontvanger moet kennisneem van die boodskap nie, maar dat hy of sy inderdaad daarop moet reageer deur
’n bestelling te plaas. Die korrekte antwoord is dus opsie [2] (Studiegids, bladsy 22).




3

, 5. Die hoofkommunikasiedoelwit in bostaande teksfragment kan omskryf word as ...

[1] didakties.
[2] informatief.
[3] oorredend.
[4] instruktief.

In aansluiting by die bespreking van vraag 4 is dit duidelik dat die skrywer die ontvanger wil oorreed om produkte
te bestel (Studiegids 3–5).

6. Watter verborge vooronderstelling is aanwesig in die onderstaande teksgedeelte?

Direksielede moet asseblief ’n das en baadjie dra na die opening van die nuwe kantoorblok. Getroude direkteure
is welkom om hulle vroue saam te bring na die geleentheid.

[1] Slegs direksielede moet formeel aantrek; dit geld nie ander personeellede nie.
[2] Die direksielede is nie verplig om hulle vroue saam te bring na die opening nie.
[3] Volgens die sender is direksielede per definisie manlik.
[4] Volgens die sender is die direksielede per definisie getroud.

Indien mens sê dat iemand welkom is om iets te doen, beteken dit jy mag dit doen, maar jy hoef nie. Die stelling
in opsie [2] is dus wel waar, maar daar is nie ’n verborge vooronderstelling daarin geleë nie. By so ’n
vooronderstelling kom die sender nie agter dat hy eintlik sy of haar verborge aannames of denkpatrone blootlê
nie. Opsie [1] en [4] val ook nie in hierdie kategorie nie; opsie [4] is byvoorbeeld nie waar nie; deur te sê dat
getroude direkteure hulle vroue mag saambring, impliseer mens nie dat daar nie ongetroude direkteure sou
kon wees nie. Maar deur te stipuleer dat direksielede ’n das en baadjie moet aantrek (mansdrag in ons kultuur)
en dat getroude direkteure hulle vroue mag saambring, word dit duidelik dat in die gedagtes van die
skrywer/sender die direksielede of direkteure per definisie manlik is – want daar word nie vermeld dat
direkteure hulle mans OF vrouens mag saambring nie, of wat die kleredrag vir vroulike direksielede sou moes
wees nie (Studiegids, bladsy 15–16).

7. Bestudeer die onderstaande sin:

Die Suid‐Afrikaanse sokkerspan kon nie kwalifiseer vir die Wêreldbekersokkertoernooi van 2014 in Brasilië nie.

Hierdie sin is ’n voorbeeld van ’n ...

[1] positief geformuleerde feitelike stelling.
[2] negatief geformuleerde feitelike stelling.
[3] positief geformuleerde mening.
[4] negatief geformuleerde mening.

Ons het hier beslis met ’n feitelike stelling te make en nie met ’n mening nie; dit is immers moontlik om na die
rekord van kwalifiserende lande te gaan kyk (bv. op FIFA se webwerf) en vas te stel dat Suid‐Afrika nie deel
uitmaak van hierdie lys nie. Opsie [3] en [4] verval dus. Die feitelike stelling is negatief geformuleer (die span
kon NIE kwalifiseer nie) en die korrekte antwoord is dus opsie [2] (Studiegids, bladsy 13).




4
€2,71
Krijg toegang tot het volledige document:

100% tevredenheidsgarantie
Direct beschikbaar na je betaling
Lees online óf als PDF
Geen vaste maandelijkse kosten


Ook beschikbaar in voordeelbundel

Maak kennis met de verkoper

Seller avatar
De reputatie van een verkoper is gebaseerd op het aantal documenten dat iemand tegen betaling verkocht heeft en de beoordelingen die voor die items ontvangen zijn. Er zijn drie niveau’s te onderscheiden: brons, zilver en goud. Hoe beter de reputatie, hoe meer de kwaliteit van zijn of haar werk te vertrouwen is.
jay355 University of South Africa (Unisa)
Volgen Je moet ingelogd zijn om studenten of vakken te kunnen volgen
Verkocht
19
Lid sinds
6 jaar
Aantal volgers
15
Documenten
41
Laatst verkocht
1 jaar geleden

4,5

6 beoordelingen

5
5
4
0
3
0
2
1
1
0

Recent door jou bekeken

Waarom studenten kiezen voor Stuvia

Gemaakt door medestudenten, geverifieerd door reviews

Kwaliteit die je kunt vertrouwen: geschreven door studenten die slaagden en beoordeeld door anderen die dit document gebruikten.

Niet tevreden? Kies een ander document

Geen zorgen! Je kunt voor hetzelfde geld direct een ander document kiezen dat beter past bij wat je zoekt.

Betaal zoals je wilt, start meteen met leren

Geen abonnement, geen verplichtingen. Betaal zoals je gewend bent via iDeal of creditcard en download je PDF-document meteen.

Student with book image

“Gekocht, gedownload en geslaagd. Zo makkelijk kan het dus zijn.”

Alisha Student

Veelgestelde vragen